Gepubliseer .

Loononderhandelinge by die hospitaalgroep Netcare is op ʼn hoogtepunt afgesluit, toe Solidariteit ʼn loonooreenkoms op ʼn verhoging van 8,25% met die maatskappy onderteken het.
Sien Business Day. Sapa berig dat Fedusa die vakbond Hospersa steun met optogte vir ‘n better aanbod.
Lees verder ‘Solidariteit teken loonooreenkoms by Netcare’
Gepubliseer .

Luister vandag om 12:00. Besoek www.solidariteitradio.co.za
Martie en Jana gesels vandag oor ʼn groot woord – vervoer. Jana en selfs kleinsus gesels te heerlik met al die “maatjies” van Solidariteit Radio. Moenie vandag se Kinderwêreld misloop nie. Loer die groen monster ook soms oor jou skouer? Heleen gesels vandag oor jaloesie en hoe jy dié monster kan tem.
Vandag reis ons weer van een interessante plek na die volgende. Daleen spring vandag weg en gesels oor Noorweë terwyl Ilze in die Laeveld gaan kuier. Audrey vertel ʼn lawwe storie oor mense wat kaal op die plein voor die kunsmuseum staan en betoog teen die dra van pelsjasse: presies op die dag toe sy die konserwatiewe leiers van China op ʼn stadstoer neem. Ingrid het natuurlik ook ʼn storie uit Europa – vandag gesels sy oor taal.
Gesien as ʼn dwelm…tog ʼn medisinale plant en bestanddeel van ʼn gewilde alkoholiese drankie. Kan dit wees? Luister Krui-e-ander vir meer oor dié Skandinawiese krui.
Klik hier om na hierdie program te luister
Klik hier om na vorige programme en insetsels te luister
Gepubliseer .

Denel en sewe van sy entiteite sal nou aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) moet verduidelik hoekom geen loonooreenkomste vanjaar by enige van dié maatskappye bereik kon word nie. Die vakbond Solidariteit het ʼn geskil na die KVBA verwys nadat loononderhandelinge vasgeval het weens die duidelike beperkinge wat Denel op die entiteite geplaas het. Dié beperkinge het nou daartoe gelei dat loonverhogings by elkeen van die entiteite eensydig geïmplementeer is.
Sien vorige blog oor probleme by Denel.
Lees verder ‘Solidariteit verklaar geskil met Denel oor eensydige implementering van karige loonverhogings’
Gepubliseer .
Sowat ‘n maand gelede het ek geskryf oor die ou R200-note wat uit sirkulasie gehaal gaan word teen einde-Mei om vervalsers se taak te bemoeilik.
Intussen het dit onder my aandag gekom dat misleidende e-posse rondgestuur word oor vervalste R200-note wat in sirkulasie is. Volgens die e-posse gaan banke en winkels nie meer enige R200-note aanvaar nie. Dit is nie waar nie.
Sommige van die e-posse sê ook dat bedrae groter as R5 000 nie by banke omgeruil kan word nie. Dit is ook nie waar nie.
Die feite is soos volg: Lees verder ‘Nuwe R200-note bly geldig’
Gepubliseer .

Dit lyk asof die ekonomiese maer jare vir eers iets van die verlede is, het die vakbond Solidariteit vandag gesê en beklemtoon dat voorspoed nou as gevolg van dié vooruitgang ook vir werknemers wink. Dit volg nadat die jongste syfers van die Bruto Binnelandse Produk (BBP), wat vandag deur Statistiek Suid-Afrika (StatsSA) bekendgestel is, getoon het dat daar groei van 4,6% in die BBP was.
Jacaranda berig. Luister na Jaco Kleynhans op Radio Pretoria.
Lees verder ‘Droogte in groei verby; nou wink voorspoed vir werknemers, sê Solidariteit’
Gepubliseer .

Die vakbond Solidariteit gaan die Departement van Korrektiewe Dienste en die Minister van Korrektiewe Dienste, Ngconde Balfour, eerskomende Donderdag in die Arbeidshof pak oor regstellende aksie. Die hof sal moet uitspraak gee oor die balans tussen regstellende aksie en ʼn doeltreffende staatsdiens. Die saak handel oor Korrektiewe Dienste se weiering om ʼn wit man en lid van Solidariteit, mnr. Herman Denysschen, te bevorder ten spyte daarvan dat hy die beste kandidaat was. Daar is besluit om die pos eerder vakant te laat as om ʼn wit man aan te stel.
Lees verder ‘Solidariteit en regering Donderdag in hof oor regstellende aksie’