Gepubliseer .
Talle eerstewêreldlande worstel tans met die probleem van immigrasie. In die onlangse Britse verkiesing was immigrasie een van die belangrikste besprekingspunte. In die meeste Europese lande en die VSA word anti-immigrasiepartye al hoe sterker en die anti-immigrasiestryder Geert Wilders gaan waarskynlik in volgende maand se Nederlandse verkiesing baie goed vaar.
Die deelstaat Arizona in die VSA het onlangs nuwe wetgewing goedgekeur waarvolgens die polisie in die staat mense mag versoek om bewys van burgerskap of verblyfreg te toon. Lees verder ‘Immigrasie wat werk’
Gepubliseer .

Bankdienste in Suid-Afrika het sedert 1994 toeganklik geword vir alle Suid-Afrikaners. ʼn Studie wat vandag deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) bekendgestel is, toon dat transformasie in die banksektor reeds geweldig sedert die aanvang van demokrasie in die land gevorder het.
Lees: SAT MONITOR – TRANSFORMATION IN THE BANKING SECTOR
In werker geledere maak Cosatu geluide om ‘n werkersbank te begin. Lees Sapa .
Lees verder ‘Meer as 20 miljoen Suid-Afrikaners het reeds toegang tot bankdienste, toon Solidariteit-studie’
Gepubliseer .

Dirk op Donderdag 12:00 www.solidariteitradio.co.za
Die hofsaak tussen Solidariteit en die Departement van Korrektiewe Dienste skop vandag in die Arbeidshof in Johannesburg af. Die hof moet uitspraak gee oor die balans tussen regstellende aksie en ʼn doeltreffende staatsdiens. Die saak handel oor Korrektiewe Dienste se weiering om ʼn wit man en lid van Solidariteit, mnr. Herman Denysschen, te bevorder ten spyte daarvan dat hy die beste kandidaat vir bevordering was. Korrektiewe Dienste het besluit om die betrokke pos eerder vakant te laat as om ʼn wit man daarin aan te stel. Hierdie saak is die tweede in ʼn reeks van tien sake wat Solidariteit teen die Suid-Afrikaanse regering voer oor regstellende aksie.
Ondersteun Mnr. Herman Denysschen deur vir hom ‘n boodskap te laat deur hierdie blog.
Moet ook nie die gebruiklike Regsvraag, Regsukses en Bobaas Beroepe misloop nie. Karin Venter van Helpende Hand se beroepsleidingsdiens gesels vandag oor ʼn loopbaan in die gasvryheidsbedryf.
Klik hier om na vorige Dirk op Donderdag-programme te luister
Klik hier om na vorige Regsvrae te luister
Klik hier om na vorige Bobaas Beroepe te luister
Gepubliseer .

Die Departement van Korrektiewe Dienste het vanoggend by die Arbeidshof in Johannesburg aansoek gedoen om uitstel met koste vir die regstellendeaksie-hofsaak wat die vakbond Solidariteit namens een van sy lede, Hermann Denysschen, teen die departement aanhangig gemaak het. Die aansoek is toegestaan en hofverrigtinge is tot 23 September uitgestel.
Dirk Hermann gee kommentaar . Lees Beeld.
Lees verder ‘Departement onvoorbereid en vra uitstel in regstellendeaksie-hofsaak – Solidariteit’
Gepubliseer .
Sommige Suid-Afrikaners leef met die houding dat hul opleiding nie werklik saak maak nie en dat ʼn mens mos kan “ryk word” sonder goeie opleiding. Kyk net na iemand soos Richard Branson van die Virgin-sakeryk wat die skool verlaat het toe hy 16 was. Dit het hom nie gekeer om ʼn multimiljoenêr te word nie!
Hierdie houding word egter slegs deur uitskieters geskep. Dit is soortgelyk daaraan om te verwag dat jy die Lotto gaan wen elke keer as jy dit speel, omdat jy al ʼn handjievol mense wat die Lotto-boerpot gewen het in die koerant gesien het.
Die werklikheid is dat die oorgrote meerderheid van mense wat die Lotto speel nooit genoeg geld wen om die koste van hul kaartjies te dek nie. Die wenners is slegs die “blink” uitskieters uit die reuse see van oninteressante verloorders. Op dieselfde wyse leef die oorgrote meerderheid van mense wat swak/min opleiding het, nie in weelde of selfs “gemaklik” nie. Lees verder ‘Lae opleiding en hoë lewenstandaard is die uitsondering’
Gepubliseer .

Een van die vakbond se Facebookvriende, Theunis Pretorius het foto’s gestuur waar die Hammonia Boerevereniging self hul teerpad regmaak. Die 19 km teerpad is tussen Ficksburg en Hammonia in die Oos Vrystaat. Die pad het oor die 100 slaggate. Daar het 25 boere en 80 plaaswerkers aan die herstel gewerk.
Lees verder ‘Maak jou eie pad reg’