Bladsy 12 van 12« Eerste...101112

Maandelikse Argief vir Mei, 2010Bladsy 12 van 12

ʼn Bielie van ʼn wors.

 afriwors

AfriForum het die naweek ʼn wêreldrekord  behaal toe hul ʼn boerewors van 234m gebraai het.
Lees Beeld. Kyk SABC2 nuus. Luister 5FM en Radio 2000

Solidariteitradio gee detail inligting oor die poging. Die moeder van alle pogings was egter testyds die reuse sosatie braai by Mittal.

Dirk Hermann op Parliament: A View from the House

dirk

Dirk Hermann en Tony Ehrenreich van Cosatu het op die SABC2 program: Parliament: A View from the House gesels oor arbeidsake. Hierdie tipe debatte is altyd konfronterend van aard en vandag het die onderhoudvoerder uit sy pad gegaan om vir Dirk moeilike vra te stel. Solidariteit en sy lede is egter ʼn faktor om mee rekening te hou en daarom stel die publiek intens belang in die vakbond se standpunte. Dirk het die debat goed hanteer deur die fokus na die sentrale probleme wat werkers tans trotseer te bring. Dit is werkloosheid met die afgelope resessie en die skepping van nuwe werksgeleenthede. Dit is maklik om werkers teen mekaar af te speel met verdeel en heers tegnieke maar hier veg werkers al te lank saam in dieselfde loopgrawe.

Kyk deel 1.
Deel 2.
Deel 3.

Ontnugter deur rasbeheptheid

Ons vleiende charismatiese president hou voor dat rassisme oorbeklemtoon word in Suid-Afrika. Hy voer aan dat dit rassisme is dat mense die dood van Eugene Terre’Blanche aan ras konnekteer. Hy meen ook dat rasseverhoudinge in Suid-Afrika “eintlik” goed is en dat swartbemagtiging nie omgekeerde rassisme is nie. In dieselfde asem noem hy ook sommer dat produksiemiddele ongelyk verdeel is en na swart hande oorgedra moet word. Wie oorbeklemtoon ras nou? En steeds wonder Zuma hoekom die mense alewig verdedig of alewig op die aanval is. “Die ANC weet presies wat hulle doen”…. ja nee mnr. Zuma, ek weet ook presies wat julle doen.
Lees verder ‘Ontnugter deur rasbeheptheid’

Sak die son oor Suid-Afrika?

sunset

Die Grondleggers (founding fathers) van vandag se Verenigde State van Amerika was werklik wyse manne. Daarom dat ek hulle so graag aanhaal. Thomas Jefferson het een keer gesê (so asof hy dit vir Suid-Afrikaners hier in 2010 oor hul eie land wou sê): “Our country is now taking so steady a course as to show by what road it will pass to destruction, to wit: by consolidation of power first, and then corruption, its necessary consequence.

Waarheen is Suid-Afrika oppad? Bykans alle mag in die land is reeds in die hande van die ANC en sy kaders en die korrupte gevolge hiervan is daar vir almal om te sien. Intussen raak Suid-Afrika ‘n mislukte staat met ‘n silwer randjie. Lees verder ‘Sak die son oor Suid-Afrika?’

In foto – SA Talent

 

t25

Ek het gister die geleentheid gehad om foto’s te neem van deelnemers aan die SA Talent kompetisie. Dit was die provinsiale uitdunrondes en kwalifiseerders dring dan deur na die nasionale kampioenskappe in September.

Lees verder ‘In foto – SA Talent’

Bladsy 12 van 12« Eerste...101112



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube