Griekeland se probleme met skuld is die afgelope tyd gereeld in die nuus. Die land se begrotingstekort word tans op sowat 13,6% van hul BBP geskat. As gevolg van vorige jare se begrotingstekorte is hul opgehoopte staatskuld reeds meer as 115% van die BBP. Hierdie hoë skuldvlakke is deels te wyte aan die feit dat die Griekse sosialistiese regering se sosiale besteding en besteding op salarisse van staatsamptenare onvolhoubaar hoog geword het. (Klink dit bekend?) Die werklikheid haal hulle nou in en om die reuse begrotingstekort te verminder, word verskeie besuinigingsmaatreëls deur die regering ingestel.
Lees verder ‘Griekse sosialiste sukkel met die werklikheid’
Maandelikse Argief vir Mei, 2010Bladsy 10 van 12
New Yorkers is die afgelope week weer daaraan herinner dat hulle stad ʼn teiken is vir terroriste wat Amerika wil aanval. Sekere persone was vinnig om te beweer dat ʼn verregse Amerikaner wat teen Obama se presidentskap gekant is die bom in Times Square geplant het. Al-Kaïda het egter verantwoordelikheid vir die bom aanvaar en ʼn Pakistani wat maar verlede jaar Amerikaanse burgerskap gekry het, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Lees verder ‘Het die meeste terroriste dieselfde profiel?’
Al wat maatskappye en universiteite nog moet doen is om kennisgewingborde aan te bring in die rye waar beursaansoeke ingedien word wat mense kan klassifiseer, byvoorbeeld “Voorheen benadeeld” en “Blank maar bevoorreg”. Die dag toe Thabo Mbeki in sy 1998 staatsrede die parlement toegespreek het en verwys het na die reënboognasie waarvan een deel swart en arm is, en die ander deel wit en ryk, dit is die dag toe die reënboognasie in ʼn lelike modderstreep verander het.
Terug by 2010, hier is ‘n telefoonoproep na ‘n beursfonds:
Lees verder ‘Te wit vir ‘n goeie geleentheid?’
Die Sokkerwêreldbeker word oor minder as veertig dae in Suid-Afrika gehou. Gister lees ek my kollega Jaco Kleynhans se bloginskrywing: Sak die son oor Suid-Afrika? Daar gee hy twintig redes hoekom dit nie so goed gaan met die land nie. Solidariteit hou self op 19 Mei ʼn protesdag teen misdaad wat een van die grootste protesaksies tot dusver in die land gaan wees. Vanoggend skryf Paul Bannister in die Business Day egter: SA should focus on winning the World Cup off the pitch.
Ek moet bieg. Die adrenalien pomp die afgelope paar weke kort-kort weer deur my are op die R21. Want hoewel ek nie te stadig of te vinnig ry nie en ‘n goeie volgafstand handhaaf, is daar kort-kort iemand wat glo dat hulle eenvoudig voor my MOET ry, of die wêreld sal beslis tot ‘n einde kom. En dit boonop in spitstyd – niemand kan vir niemand wegry teen die kruippas waarteen mens gewoonlik ry nie! En dan druk hulle voor my in – sonder enige waarskuwing, flikker, of ekskuus. En elke keer skrik ek my boeglam en word op die daad woedend kwaad. Want dit is presies wat sowat sewe maande gelede veroorsaak het dat ek my, met my vervrommelde motor se neus in die verkeerde rigting, op dieselfde snelweg bevind het nadat ‘n vragmotor besluit het om voor die motor agter my in te druk en toe agter in my motor ingeploeg het.
Lees verder ‘Aggresiewe bestuurder of Padwoede?’
Klink dit bekend: “Hulle ry ‘n Ford , bly in die weste van Pretoria , koop hulle klere by Mr Price en luister na Patricia Lewis …”
Of wat van: “Hy bly in Witbank, “tune” elke naweek sy kar en die sing Blou Bul-lied saam as dit op die radio speel …”
Jy weet sommer outomaties watter woorde gaan volg – “ook maar lekker commin!”
Lees verder ‘“Ook maar lekker commin!”’









