Gepubliseer .
‘n Afrikaner is nie ‘n boer nie, maar ‘n boer is nogsteeds ‘n Afrikaner, maar ‘n Afrikaner kan boer solank hy homself net nie’n boer noem terwyl hy net ‘n Afrikaner is nie. Dan is ‘n Afrikaner ‘n tipe bees en boer ‘n tipe bok. Maar soos die hoender en die eier weet ek nie wat was eerste nie, die boer of die Afrikaner?
Die term “boer” verwys blykbaar na ‘n “Afrikaner” wat toegewy is tot die “boervolk”, sal veg vir die “volkstaat” en alles in die stryd werp om “boerevryheid” te bewerkstellig. ‘n Afrikaner is iemand wat toevallig dieselfde herkoms, taal, velkleur, geloof en kultuur het as ‘n boer maar nie noodwendig homself beywer vir die vryheid en onafhanklikheid van die Afrikaner nie…of die boer nie.
Lees verder ‘Boer of bees?’
Gepubliseer .
Hoe ver sal jy gaan vir dit waarin jy glo?
Hoe hoog en ver en diep sal jy gaan vir dit waarin jy glo en hoeveel is jy bereid om te gee vir dit waarin jy glo? Kan dit jou maar tyd en moeite en geld en selfs jou lewe kos om dit moontlik te maak?
Lees verder ‘Hoe ver sal jy gaan vir dit waarin jy glo?’
Gepubliseer .
. . . dan moet jy weet daar skort iets! Ek en my man woon op ‘n plaas in Donkerhoek, oos van Pretoria. Ons val binne die Boschkop Polisiëringsgebied. Enige iemand wat in Pretoria en omliggende area woon of die gebied ken weet dat die area bekend is vir sy misdaad. (Goed, ek weet, so ook seker meeste ander dele van die stad, maar nou ja…)
Lees verder ‘Wanneer jy die polisie begin vrees. . .’
Gepubliseer .
Werkloosheid styg, armoede neem toe, plakkershuise duik orals op – hoekom kan Suid-Afrika se ekonomie nie vir meer werksgeleenthede en beter welvaart sorg nie?
Volgens my is die antwoord eenvoudig: Te veel sosialisme en te veel beheer. Indien ‘n dorp misluk – laat hom misluk. Laat die mense self die probleme oplos. Indien belastingbetalers nie tevrede is met dienslewering nie laat hulle hul belasting weerhou en dit aanwend om self vir dienste te sorg. Lees verder ‘Minder sosialisme en minder beheer asb.’
Gepubliseer .

Dit was ʼn harde drie weke. Hulle was ons topspan vir die jaar. Die Satawu-stakers wat 17 dae voluit gespeel het. Halfpad het die arme klomp van Utatu uitgesak op 11 dae en die loonaanbod van 11% aanvaar.
Die wêreld kan kom met hulle beste sokker spanne maar as dit by staak kom moet hul dit hier by die kenners kom leer. Die stof het nog nie eers gaan lê nie en heel gepas sal Suid-Afrika en Cosatu sy heerskappy in die Wêreldbeker bevestig met nog ʼn staking. Hoe is dit vir tydbeperking en om die verbeelding aan te gryp.
Transnet bestuur het hul slim gehou op CNBC Africa. Jan de Lange skets in Sake Beeld die situasie by Eskom. Steven Friedman waarsku in Business Day dat die publiek se geduld met stakers kan opraak.
Arbeidskenner Andrew Levy dink die Transnet onderhandelaars was net treurig. Lees: Why South African employers have failed/are failing. Luister na onderhoud op Moneyweb.
Lees verder ‘Wêreldkampioene tot op die einde toe’
Gepubliseer .
Daar is ‘n oplewing van die ver-regses in Suid-Afrika, maar waar en hoe? Die Suidlanders berei voor vir Uhuru, die ”nag van die langmesse” en probeer boere mobiliseer. Die HNP hou kiesers van die stembusse weg, die AWB kry ‘n tweede asem en die Kommandokorps lei Afrikaners militêr op. Die Boerevryheidstigting is besig met ‘n waterskeidingsaak in die hoogeregshof en die Suid-Afrikaanse Intelligensiediens samel vermeende bomplanters in asof dit ‘n stokperdjie is.
Lees verder ‘Oplewing van die “ver-regses”’
Nuutste kommentaar