Gepubliseer .


Solidariteit Radio sal môre (Vrydag) die begrafnisdiens van die ontslape mnr. Eugene Terre’blanche regstreeks op www.solidariteitradio.co.za uitsaai. Skakel om 11:30 in op die spesiale regstreekse program vanaf Ventersdorp in Noord-Wes. DIe diens self begin om 12:00. Verslaggewers van Solidariteit Radio sal ook op die toneel wees om voor en na die diens verslag te doen. Laat weet asseblief soveel moontlik belangstellendes.
Gepubliseer .
Die ANC het besluit om die “Skiet die Boer” liedjie in die hof te verdedig. Dit is nou die tyd dat die krag van die kollektief moet saamstaan teen die ANC.
Ondertussen het ‘n BBC joernalis deurgeloop onder Malema se tong vandag in ‘n mediakonferensie. Volgens Sapa het Malema hom ‘n “Bastard” genoem. Business Report gee detail. Julius Malema het nou meer as 250 000 vyande op Faceboek. (Die dooie vlakvark groep het verdwyn). Vandag het hy ʼn ekstra vyand bygekry in die media.
Sapa berig:
COURT-SONG
JOHANNESBURG April 8 Sapa
ANC LAUNCHES “SHOOT THE BOER” COURT CHALLENGE
The ANC launched its appeal against an interdict on singing
“shoot the boer” on Thursday, but its call to exercise “restraint”
in singing the lyrics remained in force, it said in a statement.
Lees verder ‘Nou vir die koppe stamp in die hof’
Gepubliseer .

Johan Kruger
Terwyl werknemers in die bevolkingsgroepe Afrikaan, Indiër én kleurling* deur wetgewing aangewys is as aangewese groepe wat by die toepassing van gelyke indiensname moet baat, toon navorsing wat vandag deur Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI) bekendgestel is dat veral Afrikane by dié bevoordeling baat. Uit die 15 staatsdepartemente en -instellings wat ondersoek is, het Afrikane by vier hiervan reeds proporsioneel meer gebaat by transformasie as wat hul demografiese verteenwoordiging is.
Lees verslag. Sien Verteenwoordiging 1994-2008 .
Kyk SABC2 nuus.
RSG se Monitor. Lees Beeld en Pretoria News.
Lees verder ‘Afrikane baat proporsioneel meer as hul demografiese verteenwoordiging by transformasie in staatsdiens – Solidariteit-studie’
Gepubliseer .

Die seisoenaangepaste elektrisiteitsverbruiksyfers wat onlangs deur StatsSA bekendgemaak is, toon dat die land, ná die skerp daling in verbruik weens die resessie, byna weer terug is by die vorige hoogste elektrisiteitsverbruikvlakke. Dit is opmerklik dat die grootste dalings in verbruik plaasgevind het in die provinsies waar ferrochroom- en ferromaangaansmelters geleë is. Die meeste van hierdie smelters het sedertdien weer aan die gang gekom, wat die skerp styging in verbruik deels verklaar.
Lees verder ‘Elektrisiteitsverbruik byna terug by vorige piek’
Gepubliseer .

“Die ANC se beroep op hulle strukture om hulle van uitsprake en liedere wat rassepolarisasie aanmoedig te weerhou, is ’n dekmantel en dit sal nie die ware probleem in die land aanspreek nie, tensy dit met drastiese ANC-beleidsveranderings gepaard gaan”. Die uitspraak van AfriForum Jeug volg nadat die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, gister in ’n mediakonferensie ’n beroep op die ANC se strukture gedoen het om hulle vir eers te weerhou van liedere wat rassekonflik aanmoedig.
Kyk SABC3. Luister RSG. Lees Sapa .
In vandag se Beeld laat rubriekskrywer Jaap Steyn hom ook sterk uit teen die sing van die lied.
Lees verder ‘ANC se beroep op weerhouding bied nog geen oplossings nie’
Gepubliseer .
Die afgelope wêreldwye resessie het baie lande se ekonomieë lelik seergemaak. Een van die lande wat die seerste gekry het, was Brittanje met sy groot finansiëledienstebedryf wat weens die ineenstorting van banke erg gelei het. Die Britse regering moes noodgedwonge baie skuld maak, instellings van bankrotskap red en selfs ʼn bietjie nasionalisering inspan. Persoonlike inkomstebelasting is ook verhoog – die rykstes in Brittanje betaal nou ʼn skrikwekkende inkomstebelastingkoers van 50%! Lees verder ‘Die arme verlore Britte’