Gepubliseer .
Titanic bly ʼn fliekervaring soos min – seker gedeeltelik omdat dit op die waarheid gebaseer is. Een van die dele wat my elke keer opnuut skok, is wanneer die passasiers in die reddingsbootjies begin klim en lieg en bedrieg om hulleself te red. Ek wonder altyd moedswillig wat ek sou gedoen het?
Deesdae voel heelwat mense om my – en ek praat van gewone middelklas Afrikaners soos ek – al meer vir my na die mense op die Titanic se dek. Van hulle skroom nie om te vertrap nie, solank hulle net hulle sin kan kry. Die raamwerk van die wet word skynbaar deur hulle as uitgedien beskou met die verskoning dat “ander mense hulle ook nie daaraan steur nie, so waarom moet ek?” Asof een fout ʼn tweede kan regverdig. Waar hou rede en beskaafdheid op en begin anargie? Lees verder ‘Is ons nou op die Titanic?’
Gepubliseer .
Solidariteit se Elektroniese Kommunikasie afdeling het vandag ons jongste webblad geloods, www.solidariteittydskrif.co.za!
Lees verder as jy meer inligting soek oor hoekom jy hierdie unieke webblad moet besoek.
Hier is ook ‘n paar foto’s.
Is jy al ʼn Solidariteit Tydskrif-leser? Indien nie, dan mis jy verseker uit! Die Solidariteit Tydskrif bied soveel nuttige en interessante inligting wat net eenvoudig deur oud en jonk gelees moet word.
Lees verder ‘Solidariteit Tydskrif betree kuberruim’
Gepubliseer .

Die burgerregte-inisiatief AfriForum en die Beeskraal-sanger, Charles Schmidt, het vandag ʼn memorandum by die ministeriële kantoor vir Waterwese en Omgewingsake afgegee. In die memorandum word tien knelpunte oor omgewingsbewaring geïdentifiseer en praktiese voorstelle gemaak. Daar word onder meer gevra vir groter samewerking met die departement van Minerale Hulpbronne, veral wat die regulering van mynbou-aktiwiteite betref.
Lees die Memorandum van AfriForum aan die Minister van Waterwese en Omgewingsake
Luister RSG se Spektrum. Lees Beeld.
Lees verder ‘AfriForum oorhandig tienpuntplan aan Minister van Waterwese en Omgewingsake’
Gepubliseer .

Dit is sekerlik onredelik om dienste in jou taal te eis, hoe kan ons dan verwag dat elke Absa tak ‘n wit dame met ‘n outydse kapsel by die teller moet hê, of elke Chicken Licken ‘n Afrikaanse stem het wat jou bestelling neem by die deurry-fasiliteit. En ek gaan tien teen my vier hoenderboudjies, halwe brood en koolslaatjie in Engels bestel. As ek ‘n dag in ‘n winkelsentrum spandeer is ek so uitgehonger vir geselskap in Afrikaans dat ek sommer met myself begin praat. Maar ek is nou moeg daarvoor, en dit is hoe ek gaan uitvind of ek onredelik is of nie:
Lees verder ‘Onredelik om dienste in Afrikaans te eis’
Gepubliseer .
Jy sou dink dat na die Hitler-episode mense hul rug op populistiese politieke uitsprake sou draai, maar ons sien nog elke dag hoe kiesers regoor die wêreld vir populistiese uitsprake swig. Toe Obama van “Change you can believe in” praat, toe stem die Amerikaners vir hom en noudat Nick Clegg, die leier van die Liberaal Demokrate in Brittanje, populistiese uitsprake teen die oorlog in Afghanistan maak, sien ons ʼn groot ommeswaai in kiesersteun. Waarop die kiesers in beide gevalle natuurlik nie gefokus het nie, is die feit dat Obama se “Change you can believe in” die Amerikaanse begrotingstekort met miljarde dollars sou vergroot en dat Clegg ʼn groot voorstander daarvan is dat Brittanje deel van die euro-gebied moet word – iets wat natuurlik negatiewe gevolge vir Brittanje se ekonomie kan inhou. Lees verder ‘Naïewe kiesers bly populisme aangryp’
Gepubliseer .

Soos wat Julius Malema se status in die politiek groei, so neem sy vyande op Facebook toe. Daar is nou meer as 425 000 op die vier grootste groepe. Nie dat dit vir Malema sal ontsenu nie want die ANC Jeug-liga het meer as 600 000 lede op die grond.
Lees verder ‘Julius Malema het meer as 425 000 vyande op Facebook’