Gepubliseer .

Kliek op die foto om dit te vergroot
Daar word vir ʼn geruime tyd reeds berig oor vervalste R200-note wat in sirkulasie is. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is hierdie vervalste R200-note almal van die ou reeks wat nie die gevorderde sekuriteitskenmerke van die nuwe note, wat in 2005 bekendgestel is, het nie.
Wat egter nog nie wyd oor berig is nie, is dat die SARB verlede week besluit het om ou R200-note uit sirkulasie te haal. Almal moet enige ou R200-note wat in hul besit is by gewone handelsbanktakke gaan omruil vir nuwe note. Die afsnydatum vir dié omruil van note by handelsbanke is die laaste dag van volgende maand (31 Mei 2010). Ná hierdie datum sal die ou R200-note slegs fisies by een van die SARB se takke (slegs in die groot stede) omgeruil kan word vir nuwe geld – handelsbanke (en waarskynlik winkels ook) sal dit nie meer aanvaar as wettige betaalmiddel nie. Let daarop dat die reëling slegs betrekking het op R200-note – geen ander sigwaardes nie. Lees verder ‘Ou R200-note word uit sirkulasie gehaal’
Gepubliseer .

Rina Vrey (78), wat tydens president Zuma se besoek verlede maand die Helpende Hand Afrikaner Armoede-verslag aan hom oorhandig het.
President Jacob Zuma kan een ding sê net om die volgende dag ʼn handomswaai te maak op sy mening. Hy sal vir Julius Malema berispe net om hom te los as daar tugstappe moet kom. Hy sal staatsdiensamptenare waarsku om nie vir “apartheid” die skuld te gee nie, net om in sy volgende toespraak te vertel dat apartheid gelei het tot swartes se ekonomiese agterstand.
Zuma sal ʼn nasionale MIV/Vigs veldtog loods net om met begerige oë na die danseresse te loer.
So het Solidariteit se Helpende Hand ʼn stel met hom afgetrap toe hy met agt ministers opgedaag het by ʼn klomp arm-blankes en die son, maan en sterre belowe het. ʼn Maand verder en niks het gebeur nie.
Lees Afrikaner Armoede verslag en brief oor Afrikaner-lyding aan president Zuma.
Beeld berig. Danie Langer vertel die storie op Radio Pretoria.
Lees verder ‘Die twee monde van Jacob Zuma’
Gepubliseer .
Steve Hofmeyr is ‘n vissie in ‘n baie groot dam, een van slegs ‘n handjie vol kunstenaars wat bereid is om hul nekke uit te steek vir die Afrikaner. As jy die keuse maak om jou volk te kies, dan kies jy nie net die waarvan jy hou nie. Jy kies die ekstreme Afrikaner met drie wit sewes op sy mou en ‘n knopkierie in sy hand, jy kies die liberaal wat se grootste kwessie omgewingsake is en jy kies die konserwatiewes wat elke keer sug as hulle hoor hoe “nog” ‘n skool of universiteit wil ontslae raak van Afrikaans. Die punt is, jy kies ‘n hele volk en nie net uitgesoektes nie.
Lees verder ‘Steve Hofmeyr se politieke party’
Gepubliseer .
Ek is oortuig dat die wêreld waarin ons vandag leef tot ‘n groot mate maar plastiek is. En met plastiek bedoel ek goedkoop en (om die lekker sappige Engelse woord te gebruik) “fake”. Vat nou maar jou Facebook en jou kastige string “vriende”.
Lees verder ‘Die wonderwêreld van “fake” Facebook-vriende’
Gepubliseer .

Eskom is in ʼn gemors. Dit verg nie ʼn kenner wat in die donker rondtas om dit uit te werk nie. Die Eskom vrae word meer en die antwoorde minder. Wat duidelik is, is dat Eskom in die grond in getransformeer is aan die een kant en nou nie meer die kapasiteit het om volhoubaar krag te voorsien aan Suid-Afrika nie. Vorige slenters van die maatskappy oor transformasie val uitmekaar.
Jan de Lange gee in Sake Beeld ’n goeie oorsig van al Eskom se probleme.
Lees verder ‘Eskom vrae word meer en die antwoorde minder’
Gepubliseer .
Die antwoord is JA. En eerstens wil ek dit duidelik stel dat ek op geen manier die reg en vryheid van die vrou ondermyn of bevraagteken nie. Wat ek wel wil doen is om mans en vrouens uit te daag om te verduidelik hoekom die persepsie onder sekere mans steeds bestaan dat die wêreld beter af sou wees as vrouens nie stemreg gehad het nie. Seksisme is ‘n realiteit, dit is in die werkplek, dit is in verhoudings, dit is in die samelewing. Die rol van die vrou in die samelewing word ook gedefinieer deur vroue self, maar die probleem ontstaan wanneer mans stereotipes ontwikkel wat nie noodwendig waar is nie. Hier is moontlike redes (waarmee ek nie saamstem of goedkeur nie) wat gegee kan word waarom mans dink vrouens nie stemreg moet hê nie:
Lees verder ‘Moet vrouens stemreg hê?’