Bladsy 10 van 12« Eerste...91011...Laaste »

Maandelikse Argief vir April, 2010Bladsy 10 van 12

Die raaisel van Siener van Rensburg

Siener van Rensburg, in 1864 gebore en op 61 jarige ouderdom oorlede. Beskryf as ʼn “Boodskapper van God”, ʼn Goddelike volksprofeet en soms ook deur kritici beskryf as ʼn waansinnige ongeletterde boer wat universele profesieë maak wat moeilik interpreteerbaar is. Afrikaners oor die algemeen glo sy profesieë, alhoewel soms skepties, glo meeste Afrikaners die woorde wat die man gespreek het.

Tot ʼn mate glo ek dat Siener van Rensburg ʼn opregte man van God was, hy het ook dikwels aan Christiaan de Wet en Koos de la Rey raad gegee. Met elke groot gebeure in Suid-Afrika gaan grou elke getroue Afrikaner visioene van Siener op om die situasie te verklaar. Eugene Tereblanche is met ʼn panga vermink en vermoor, en soos verwag het ek ʼn omsend e-pos ontvang met die nuutste profesie wat waar geword het:
Lees verder ‘Die raaisel van Siener van Rensburg’

Gwede Mantashe nuwe woordvoerder vir Julius Malema

 

Robinson1

Almal vra vir leierskap in die krisistyd. Leierskap is egter invloed. Ek was gisteraand op die stel met die opname van Robinson Regstreeks. Daar is met Gwede Mantashe van die ANC gepraat. Die gaste wat saam met hom opgetree het, het gewissel van die woordvoerder van die AWB Andre Visagie, prof Piet Strauss bekende teoloog, Hennie Stander, ʼn regskenner en dan Flip Buys van Solidariteit.

Kyk Robinson Regstreeks:

Andre Visagie (LIVE), Gwede Mantashe

Gwede Mantashe (LIVE), Piet Strauss

Gwede Mantashe (LIVE), Hennie Strydom

Flip Buys (LIVE), Gwede Mantashe

Flip Buys (LIVE), Gwede Mantashe

Flip Buys (LIVE), Gwede Mantashe

Sien foto’s van die program.

Lees verder ‘Gwede Mantashe nuwe woordvoerder vir Julius Malema’

Senior afvaardiging van Solidariteit en AfriForum vergader vanmiddag met Minister van Polisie

 

ʼn Senior afvaardiging van Solidariteit en AfriForum, bestaande uit mnr. Flip Buys, dr. Dirk Hermann, mej. Alana Bailey, mnr. Willie Spies en mnr. Nantes Kelder ontmoet die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, vanmiddag (7 April 2010) om 13:00 by sy kantoor in Pretoria.

Lees verder ‘Senior afvaardiging van Solidariteit en AfriForum vergader vanmiddag met Minister van Polisie’

Nog ANC-rassisme

Senior ANC-lede se rassistiese onderrokke het die afgelope tyd so erg uitgehang dat dit sommer hul beste uitrustings geraak het. Haatspraak en rassisme, veral teen wittes en spesifiek Afrikaners word nou ‘n daaglikse realiteit en word skaamteloos beoefen. Gister het die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, en die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane, tydens ‘n byeenkoms in Mamelodi, oos van Pretoria, die gewraakte liedjie, Skiet die Boere, gesing. Sowetan berig vandag daaroor.

Hierdie soort van haatspraak en blatante rassisme raak nou die norm in die ANC.

ANC wil net nie rassisme in eie geledere afkeur nie

Die ANC het tydens die afgelope paar dae homself as ‘n rassistiese organisasie bewys. Indien enige van ons hieroor getwyfel het, is daar nou geen meer rede om te twyfel nie. Dit is erg om te dink dat die regerende party in Suid-Afrika blatante rassisme goedkeur. Waar is President Zuma, die groot fakkeldraer van versoening tussen verskillende rassegroepe? Lees verder ‘ANC wil net nie rassisme in eie geledere afkeur nie’

Die pad vorentoe

 

ET

Onstuimige tye vra vir rustigheid. Dit beteken nie dat niks gedoen gaan word nie. Na die moord van Eugene Terre’Blanche was die Solidariteit/AfriForum oproep om kalmte. Dit help nie om Bophuthatswana op die ingewing van die oomblik binne te val nie. Selfs die AWB het hul verklaring van “wraak aanvalle” terug getrek. Dit was die verantwoordelike ding om te doen. Die manier hoe die AWB en die familie die begrafnis beplan is ook die regte manier van hoe dit gedoen word. Al is die smart hoe naby.

Lees verder ‘Die pad vorentoe’

Bladsy 10 van 12« Eerste...91011...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube