Bladsy 1 van 1212310...Laaste »

Maandelikse Argief vir April, 2010

Die gebed wat niemand wil hoor nie

Here,

  • Ons het ons buurman se besittings begeer en dit ambisie genoem
  • Ons het die armes misbruik en dit dobbel genoem
  • Ons het luiheid beloon en dit welsyn genoem
  • Ons het ongebore babas doodgemaak en dit “vrye keuse” genoem
  • Ons het nie ons kinders gedissiplineer nie en dit “beter selfbeeld” genoem
  • Ons het mag misbruik en dit politiek genoem
  • Ons het die land besoedel met pornografie en dit vryheid van uitdrukking genoem  
  • Ons het die waardes van ons voorvaders opgegee en dit “gemoedkomend” genoem

Vergewe ons, Amen.

Hierdie is ‘n aangepaste gebed van Joe Wright wat gevra was om die Kansas Senaat te open met gebed. Las gerus jou stertjie by oor iets wat die mens nou bestempel as aanneemlik terwyl dit nie die geval is nie. Mense wil altyd die grondwet met alle mag beskerm terwyl die grondwet dikwels deursyfer is met goddeloosheid en algehele aanvaarbare normes wat nie die Christendom uitbou nie.

Nuwe herverdeling formule boere se voorland

Spotprent

Die ANC wil grond herverdeel en minerale transformeer. Dit is die woorde wat minder gelaai is as die woord nasionalisering. Hoe die transformering en herverdeling presies moet plaasvind weet niemand nog finaal nie. Die ANC volg sy twee monde strategie waar hy elke week ʼn nuwe standpunt het. Daar is reeds riglyne en charters wat hersien moet word. President Zuma het juis vandag verklaar dat grondhervorming in sy huidige vorm nie voldoende is nie. In Zuma se toespraak noem hy dat daar ‘n nuwe formule gevind moet word vir die gewillige koper/verkoper beginsel hersien moet word en dat grondhervorming bekostigbaar moet wees. Lees Sapa .

Lees verder ‘Nuwe herverdeling formule boere se voorland’

SAPD sy eie grootste vyand

SAPS-tapeDie Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD), wat gaan deur jou gedagtes wanneer dit hoor? Dalk ‘n herinnering van hoe jy ure op ‘n misdaadtoneel gesit en wag het vir ’n ridder in ‘n wit en blou motor om op te daag net om vir jou te sê dat hy die gereedskap vir die neem van vingerafdrukke vergeet het? Of dalk ‘n sagte nolstalgiese gevoel van die keer toe die Polisie jou nie gesien steel het nie maar jou wel die volgende week toegesluit, mishandel en emotioneel verniel het omdat jy “een glasie wyn teveel gedrink het” voor jy huistoe bestuur het.
Lees verder ‘SAPD sy eie grootste vyand’

People gearing up for massive anti-crime protest across SA

Day-of-Protest-against-Crime_1272524358125

What do Uvongo, Pietersburg (Polokwane), Pretoria, Bellville, Heilbron, Bloemfontein, Cape Town, Klerksdorp, Thabazimbi, Phalaborwa, Reitz, Roodepoort, Welkom, Rustenburg, Port Elizabeth, Despatch and many other places have in common? They are all preparing for Solidarity’s big day of protest against crime.

Memorandum to all coordinators of protest actions against crime.

Lees verder ‘People gearing up for massive anti-crime protest across SA’

Dwarsoor Suid-Afrika maak mense gereed vir groot misdaadprotes

Dag-van-Protes-teen-Misdaad_voorlblad
Wat het Uvongo, Pietersburg (Polokwane), Pretoria, Bellville, Heilbron, Bloemfontein, Kaapstad, Klerksdorp, Thabazimbi, Phalaborwa, Reitz, Roodepoort, Welkom, Rustenburg, Port Elizabeth, Despatch en nog vele meer plekke in gemeen? Hulle is almal besig om voor te berei vir Solidariteit se groot dag van protes teen misdaad.

Lees pligte van ‘n proteskoördineerder.

Lees verder ‘Dwarsoor Suid-Afrika maak mense gereed vir groot misdaadprotes’

Mynsterftes toon afwaartse kurwe, maar veiligheidstegnologie laat steeds leemtes, maan Solidariteit

 myn1

Hoewel mynsterftes in Suid-Afrika tans ʼn afwaartse kurwe toon, laat die tekorte in mynveiligheidstegnologie steeds leemtes en ruimte vir verbetering, het die vakbond Solidariteit vandag op die viering van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) se Internasionale Dag vir Veiligheid en Gesondheid in die Werkplek gesê. Solidariteit maan voorts dat werkgewers en werknemers altyd waaksaam moet wees as dit by mynveiligheid kom.

Suid-Afrika het die rykste minerale rykdom in die wêreld volgens ʼn verslag.

Lees Business Day. Sapa   en Mining Weekly berig. Luister Jozi FM.

 

Lees verder ‘Mynsterftes toon afwaartse kurwe, maar veiligheidstegnologie laat steeds leemtes, maan Solidariteit’

Bladsy 1 van 1212310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube