Bladsy 3 van 12« Eerste...23410...Laaste »

Maandelikse Argief vir Maart, 2010Bladsy 3 van 12

Terugvoer – Pretoria bly Pretoria

spies112

Hulle het dit weer reggekry. Pretoria bly Pretoria. Vir eers en tot na die sokker en wie weet tot wanneer? Burgermeesters kan kom en gaan. Solank die passie vir die saak bly staan.

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die beslissing van die Noord-Gautengse Hooggeregshof  in Pretoria dat die hofinterdik oor Pretoria-aanwysingsborde steeds geld en dat die saak oor die status van die hoofstad se naam onbepaald uitgestel word, verwelkom.  Die interdik van 2007 het in AfriForum en die VF+ se guns beslis dat die naam Pretoria nie op padborde vervang mag word nie.

Luister RSG se Monitor, Jacaranda en SAfm. Kyk SABC2 nuus. Lees Beeld en Pretoria News.

Lees verder ‘Terugvoer – Pretoria bly Pretoria’

Pretoria bly Pretoria saak gaan voort

Van links Ernst Roets, Alana Bailey, Willie Spies en James Kemp van AfriForum by die hof.

Van links Ernst Roets, Alana Bailey, Willie Spies en James Kemp van AfriForum by die hof.

Die saak oor die Pretoria-naamkwessie dien op 25 en 26 Maart 2010 in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria.  Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, gaan die saak daaroor om regsekerheid te vestig oor die feit dat ʼn munisipale naam nie ʼn geografiese pleknaam is nie.

Lees verder ‘Pretoria bly Pretoria saak gaan voort’

Julius Malema het nie meer vriende op Faceboek

 

Julius Liar Malema het besluit om die sosiale media te verlaat. Malema het nie meer vriende op Faceboek. Hy het nie eers ‘n Faceboekgroep/bladsy in sy eie woorde op 702. Kyk hier na sy skim op Facebook.

Sy vriendskapgroep/fanclub bestaan egter nie meer nie nadat dit verwyder is. Vroeg in die week het dit nog 20 000 vriende gehad. Trouens Malema beweer hy het nooit ʼn vriendskapsgroep gehad nie volgens Beeld. Sy vyande op Faceboek trek verby die 201 000 op die grootste vier groepe. Sien vorige blog.

Lees verder ‘Julius Malema het nie meer vriende op Faceboek’

Wanneer kom die burger-oorlog?

As daar nie ‘n burger-oorlog in 1994 uitgebreek het dan sal daar seker nooit nie. Maar dit is wel interessant om te sien hoeveel ekstreme groepe deesdae bereid is om die wapen op te neem en so hulle deel te doen vir volk en vaderland. Daar word maar bittermin gepraat oor Uhuru, geheime organisasies en ondergrondse militêre bewegings. Bestaan dit?

As ons kyk na Facebook groepe waar ekstreme swart burgers die wit man wil uitroei en sy grond wil afrokkel en aan die ander kant ‘n Pretoria stadsaal wat gepak is met meer as 600 mense wat toegespreek word deur die kanniedood-Eugene Terreblanche, dan wonder mens nogal wat is die moontlikheid van ‘n burger-oorlog in Suid-Afrika.
Lees verder ‘Wanneer kom die burger-oorlog?’

Onthullings op Dirk op Donderdag

Ek praat vandag 12:00 eksklusief op www.solidariteitradio.co.za met Genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die SA Weermag oor die leuen van die slag van Cuito Cuanavale. Die slag word deur sommiges beskryf as die grootste slag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog. Albei kante maak aanspraak dat hulle gewen het en die media het al foto’s van die ‘dorpie’ gepubliseer. Is die slag nie net ‘n klomp propaganda leuens nie? Solidariteit Radio beloof onthullings in die program. Die program kan ook na die tyd op www.solidariteitradio.co.za geluister word.

Brandstofpryse op pad boontoe

Maak jou kar se brandstoftenk hierdie maand vol. Volgens die jongste aanduidings (tot en met Maandag, 22 Maart) gaan die prys van beide petrol en diesel met ongeveer 50c per liter styg in April.

Lees verder ‘Brandstofpryse op pad boontoe’

Bladsy 3 van 12« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube