“Daar is ‘n bedrogwaarskuwing aan jou ID gekoppel,” moet ek verlede week by die bank hoor. WAT?! Ek skrik my boeglam. Iemand probeer my identiteit steel? Dit is ‘n identiteitskrisis! En nou word ek vir iemand anders se skelmstreke gestraf. “Tot hierdie probleempie uitgesorteer is, sal jy nie vir enige krediet oorweeg kan word nie, hoewel jy steeds ‘n baie lae risiko kliënt is,” verseker die vriendelike dame by die bank my egter. WAT NOU? Ek kan dit nie glo nie. Ek pas my ID-boekie nog altyd soos goud op. Dit het nog nooit iewers rondgelê nie, en dit is nog nooit gesteel nie.
Lees verder ‘Identiteitskrisis!’
Maandelikse Argief vir Maart, 2010
Ek het onlangs die boek Thula Thula van Annelie Bothes gelees en was tot in my siel geskok. Ja, met die skokkende inhoud van die boek, maar ook met die skokkende waarheid en werklikheid daarvan.
Lees verder ‘Luister niemand dan na die kinders nie?’

MIGDETT is part of an ambitious plan that was launched by various stakeholders to combat the sudden crisis that hit the global economy towards the end of 2008. The recession saw the loss of nearly 800 000 job opportunities in South Africa, of which nearly 50 000 thousand were lost in the South African Mining Sector.
Luister na RSG se Geldsake onderhoud. Daar is deur Mining MX en Mining Weekly berig. SAfm gee detail
Lees verder ‘Solidarity Speech: Mining Summit: Mr Steve Scott, President of the union’
Ons gunsteling president het gister die eerste keer as president die wit arm mense van Pretoria besoek. Dit is ‘n ironiese foto in Beeld vandag, mnr. Zuma wat vergesel is deur sy string lyfwagte in Franse pakke gevolg deur sy handlanger ministers in hulle duur Afrika pakkies wat die see van wit armes aangluur asof hulle nie hul belasting betaal het nie. Wat ‘n wonderlike gebaar- “wit man, ek sal jou gelyk behandel!”
Lees verder ‘Wit armoede nie meer rassisties nie’
Die redakteur van een van ons Afrikaanse koerante probeer nou die dag in ʼn rubriek om apartheid gelyk te stel met Nazisme, Maoïsme en Stalinisme. Meer as 100 miljoen mense is natuurlik wreed vermoor onder hierdie drie ‘ismes’. Apartheid het meer gegaan oor onderdrukking as massamoord. Dit is nie die geval dat tydens apartheid duisende meer swart mense as wit mense gesterf het nie. Die vergelyking staan dus nie baie sterk nie.
Wat egter interessant is, is hoe suksesvol die apartheidstryders daarin was, en vandag nog is, om apartheid in ʼn baie groter boosheid te omskep as wat dit ooit werklik was. Dit gaan nie oor die feit dat apartheid verkeerd en onvolhoubaar was nie, maar eerder oor hoe boos dit was. Lees verder ‘Afrikaners is g’n soos die Nazi’s!’
Solidariteit het in 2010 drie sosiale media suksesse behaal of die sosiale media was ‘n integrale deel van die uitkoms op die einde. Die eerste veldtog was rondom die FNB beurse wat gehanteer gaan word as ‘n gevallle studie. Dan was daar die misdaad briewe vir president Zuma waar die sosiale media op kritieke tye gehelp het om momentum te behou en die laaste geval was van Julius Malema wat van Faceboek verdwyn het en sy “vyande” wat oorbly om die medium te domineer.
Die pas afgelope FNB veldtog was ʼn reuse sukses. Die veldtog is in die stilste tyd van die jaar afgeskop, maar die reaksie was ongelooflik. Die veldtog was ʼn voetsool veldbrand. Gewone mense het deelgeneem en sukses bereik. Die mense het gevoel dit is hulle sukses.
Lees verder ‘Voetsool veldbrand – lesse vir die volgende veldtog’








