Gepubliseer .
Die naweek is daar ʼn nuwe fokus op plaasmoorde geplaas. Sien SABC2 en lees Beeld. Een van die persone betrokke was dr Duncan Prinsloo. Ek ken hom baie goed. Hy en my oorlede Pa het geskiedenis gemaak deur ʼn wêreldrekord te bereik met die meeste kalwers wat met een embrio spoeling gebore is. Daar is 64 embrio’s gespoel van een koei, ʼn Beefmaster waarvan 48 embrio’s oorgeplant is en op die einde 24 kalwers gebore is. Dit was ʼn wêreldrekord en in Suid-Afrika bereik. Sy vrou Letitia was sy assistent wat die embrio’s uitgesoek het.
My hart was stukkend toe ek Oom Duncan gisteraand op die TV sien. Ek en hy het ook embrio’s gespoel na my Pa se dood. In die blog is daar ook al gereeld geskryf hou gevaarlik boerdery is. ‘n Groep op Faceboek wat vir die boere veg is: SAVE OUR FARMERS en een teen misdaad is: Gatvol vir Misdaad
Gepubliseer .
Die polities korrekte ding om te doen is om Suid-Afrika te sien as een groot volk, een doel voor oë, een reënboog, een regering, een sukses. Maar wanneer idees soos gemeenskap van gemeenskappe, federalisme, self-beskikking, onderdrukking, diskriminasie, etnisiteit, christelike eerder sekulêre demokrasie, vryheid en realiteit onder mense begin bespreek word dan is dit dikwels die persepsie dat mense kortsigtig is en anti-nasiebou is. Ek het ‘n paar dinge om uit te klaar:
Lees verder ‘Ek is nie polities korrek nie’
Gepubliseer .

Amper het ons groot pret. Duisende buitelanders besoek Tshwane en honderde Pretorianers gebruik die sokker Wêreldbeker om te betoog, staak en net pret te hê. Amper soos die Curriebeker wat gewen word maar die partytjie duur net vir twee maande.
Lees verder ‘Amper het ons groot pret in Tshwane’
Gepubliseer .

Verlede week was dit ‘n terurgblik op 2 Februarie 1990 en die week is dit die taal. Flip Buys het in sy rubriek in Rapport die kwessie aangespreek en vandag berig die Beeld dat Afrikaans geen gunste moet verwag nie.
Flip se rubriek was opbouend en met visie. Dit het mens moet gegee vir die toekoms.
Daar was ook ‘n diepte artikel in dieselfde Rapport oor die stryd om Afrikaans tussen bruin en wit. Het die tyd nie aangebreek dat Afrikaanse moet saamstaan en die bedreigings teen die taal saam beveg nie? Anders kan dit soos in ‘n mede blogger se blog dalk uitsterf.
Gepubliseer .
Daar is vandag minder as 600 tale oor. Afrikaans kom 99ste met die aantal moedertaalsprekers. ‘n Groot voordeel is wel sy 10 miljoen tweede- en derdetaalsprekers. Die probleem is egter dat dit nie tweede- en derdetaalsprekers is wat ‘n taal aan die lewe hou nie. Ook nie mense wat dit net by hul huise praat nie. Ook nie mense wat dit in ander lande as Suid-Afrika praat nie. Afrikaans kan net oorleef indien genoeg Suid-Afrikaners dit as hul moedertaal, werkstaal, akademiese taal en kultuurtaal beskou. Dit is waar die groot afname in die gebruik van Afrikaans voorkom en waarom ek oortuig is dat die gevaarligte vir die voortbestaan van ons taal reeds flikker, al is ons baie ver van die sterwensbed soos hieronder beskryf af.
Last member of 65,000-year-old tribe dies, taking one of world’s earliest languages to the grave – The Daily Mail
By Anny Shaw
The last member of a 65,000-year-old tribe has died, taking one of the world’s earliest languages to the grave. Lees verder ‘Mag dit tog nooit met ons taal gebeur nie’
Gepubliseer .
Die week se gesprekke het gegaan oor 20 jaar na 2 Februarie. Heel simbolies het president Zuma dit gevier met onthullings van sy twintigste kind. Die Afrikaanse en staats media het die gebeurtenis onderspeel maar die ander koerante het die storie hanteer. Spanning is aan die opbou in die alliansie. JZ broke sex pact lees die berig.
Die Amerikaners het vir Tiger Woods wat opgeneem word in ʼn kliniek, die Afrikaners het vir Steve Hoffmeyer wat onderhoud betaal en Suid-Afrika het vir Jacob Zuma wat sy kultuur beoefen. Is dit reg dat die land se president bekend staan as ʼn springhaas?
Lees verder ’20 kinders verder’