Bladsy 3 van 13« Eerste...23410...Laaste »

Maandelikse Argief vir Februarie, 2010Bladsy 3 van 13

Ons land se boere leef al klaar in ‘Zimbabwe’

Ek kuier die naweek op die plaas by my ouers in KwaZulu Natal. Saterdagoggend ry ek saam met my pa na sy hoëveld, waar sy beeste en skape in die somermaande loop, dat hulle nie bloutong en allerhande siektes kry nie, want as dit so warm is broei als mos uit. En dis baie kouer op die hoëveld, so die diere is minder vatbaar vir peste. Maar 9 van my pa se skape is doodgebyt!
Vir jare al sukkel my pa met plakkers op sy grond, oral. In die ou dae kon hulle op die grond bly, as een of twee van die familielede vir die boer werk. En hulle mag dan ook ‘n aantal vee aanhou. Hulle kon dis gratis bly, hulle eie vee aanhou en het salaris ontvang vir die werk wat hulle vir die boer gelewer het. Die laaste 16 jaar, as dit nie meer is nie, wil hulle egter op die boer se grond bly, maar nie een wil vir my pa werk nie en hulle gee my pa eindelose moeilikheid.
Lees verder ‘Ons land se boere leef al klaar in ‘Zimbabwe’’

Ek het R250 000 gewen!

R250 000Dis wonderlik, ek kry gister ‘n boodskap dat ek ‘n MTN kompetisie gewen het (alhoewel ek Cell C is). Ek bel toe onmiddelik die nommer (gewone selfoon nommer) terug en daar word vir my gesê dat die stelsel aandui dat ek inderdaad R250 000 gewen het en onmiddelik my bankbesonderhede en ‘n R180 MTN beltyd-kode aan hul moet stuur. Ek kon skaars my lag hou en giggel toe verskriklik soos ek mense op ‘n streep bel om die goeie nuus te verkondig. Die giggel het egter in ‘n grom verander…
Lees verder ‘Ek het R250 000 gewen!’

Flip Buys ope brief aan Gwede Mantashe

 

Flip

Flip Buys het die week in Beeld ʼn ope brief aan Gwede Mantashe geskryf. Op die oomblik veg Mantashe vir politieke oorlewing met die Julius Malema faksie wat sy kop eis. Hy is egter ʼn ANC swaargewig en ken vakbonde.

Luister ook na Flip Buys se lesing tydens die ABN werkswinkel oor: “Die einde van die geskiedenis“. (Ongeveer 60 minute lank).

Laat jou vlag wapper

Vlae (Custom)Ek sien vandag op SAPA dat ‘n historiese Suid-Afrikaanse vlag wat deur Nelson Mandela, FW de Klerk en Thabo Mbeki geteken is vandag deur ‘n Suid-Afrikaanse besigheidsman gekoop is. Volgens die artikel is die vlag juis belangrik omdat dit tydens Mandela se inhuldiging in 1994 vanuit ‘n helikopter gehang het.

Baie Afrikaners en ook Suid-Afrikaners voel egter die een met die “nuwe” Suid-Afrikaanse vlag nie. Dit het my laat wonder oor die vlae van ons land wat strek oor meer as 400 jaar. Waarmee voel ons mense dan een en hoekom?
Lees verder ‘Laat jou vlag wapper’

Die pad vorentoe

 

Dirk1

Dirk Hermann het vandag op Solidariteitradio die pad vorentoe aangedui in die briewe veldtog vir Zuma. Daar gaan nou 50 000 briewe vir die Geagte President afgelewer word. Die veldtog gaan uitbrei en verskerp. Lees hier die opvolg misdaadbrief. Luister na RSG onderhoud.

Lees verder ‘Die pad vorentoe’

Onderhoud op eNews oor begroting

Ek het gisteraand ‘n interessante televisieonderhoud op die eNews Channel oor die minister van finansies se begrotingsrede gehad.

Kliek op die prentjie hieronder om die onderhoud te kyk of gaan direk na www.stube.co.za :

Untitled

Bladsy 3 van 13« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube