Gepubliseer .

Solidariteit het hand en tand geveg teen Eskom se beplande verhogings. Op die einde was die Nersa verhore net een groot klug. Solidariteit het volstoom aan die debat en die verhore deelgeneem en konkrete planne op die tafel gesit. Net so het daar talle ander kundiges aan die proses deelgeneem wat vandag ontnugter moet wees. En die prys gaan nou betaal word deur duisende werkers wat hul werk gaan verloor omdat besighede hul nie kan bekostig nie. Tel dit saam met die miljoen wat tydens die ressesie hul werk verloor het. Werkers soos Skellie wat die Nersa verhoor in Rustenburg bygewoon het staar nou onsekerheid in die gesig.
Kyk SABC2 nuus.
Luister SAfm, Kaya FM , Jacaranda.
Lees verder ‘Skellie nou dalk sonder werk?’
Gepubliseer .
In vandag se Plekkies in ons Land op Wêreldwyd op Woensdag (op www.solidariteitradio.co.za) gaan kuier ons op Hondeklipbaai. Maar waar in die wêreld is dié dorpie? Kom vind uit waar die unieke Namakwalandse kusdorpie is – en hoekom jy volgende keer hier ‘n draai moet maak. Luister op www. solidariteitradio.co.za
Besoek ook dié skakel vir ‘n kaart van die Namakwaland en vind uit waar Hondeklipbaai nou eintlik is . . . (http://www.hondeklip.co.za/map%20of%20the%20region.htm)
Gepubliseer .

In die middel is Leenette Snyman wat haar man verloor het nadat hy koelbloedig doodgeskiet is in 'n inbraak. Links is Lenika (een van 'n tweeling) in rooi is Britney wat haar Ma troos en regs is Kendra (ander tweeling sussie) Snyman
Gister het ek gehelp met die vervaardiging van die mini-dokumentêre program Die stories van mense wat die president nie wou hoor nie.Die mini-dokumentêre program gaan op YouTube vrygestel word. Die dokumentêre program handel oor die stories van die sowat 23 000 mense wat briewe aan president Zuma geskryf het. Die Presidensie het egter geweier om die briewe te ontvang. In die dokumentêre program vertel Suid-Afrikaners self aan die president van hulle pyn as gevolg van misdaad.
Kyk STube video.
Lees verder ‘Die stories van mense wat die president nie wou hoor nie’
Gepubliseer .
Gepubliseer .
Grondhervorming is ‘n goeie idee maar ‘n slegte plan. Die idee is om grond regverdig te verdeel onder die land se bevolking en die plan is om dit te doen deur grond onregverdig te ontneem. Goeie konsep op die oog af. Dit is eintlik belaglik om te sien hoe sekere wette, vorms van diskriminasie en rasbeheptheid die norm geword het in Suid-Afrika. Grondhervorming is soos olywe, baie mense eet dit al laat dit ‘n slegte smaak in jou mond.
Lees verder ‘My ras bepaal my grond’
Gepubliseer .
As die reisgogga jou eers gebyt het is dit moeilik om die kiem af te skud! Tog het jy nie altyd hope geld nodig om te reis na die mooi plekkies in ons land nie. Een van die maniere waarop jy sommer elke week na ‘n ander dorpie kan “reis” is om elke Woensdag om12:00 in te skakel by Wêreldwyd op Woensdag op www.solidariteitradio.co.za.
Elke week pak ons ons tassies en gaan kuier by ‘n ander dorp en sy mense! Kom kuier saam.
Ons het verlede week in George in die Suid-Kaap gaan aanklop. Luister hier na wat in dié skilderagtige dorp aan die gebeur is. (http://www.solidariteitradio.co.za/?p=5160)
Het jy idees vir nog dorpe wat ons kan besoek?