Gepubliseer .
Die Fawu staking by ABI (Coke) gaan nou al langer as ʼn maand aan. Om hul te steun sit ek nie my lippe aan Coke nie. Ek het ook aan ʼn IUF en Labourstart veldtog deelgeneem waar vakbonde oor die wêreld vir ABI bestook het met epos boodskappe van steun aan Fawu. Gister kry ek egter ʼn onwelkome verrassing van ABI af. ʼn Antwoord op die epos. Daar was ‘n ABI brief en fotos. En dit lyk nie goed vir Fawu. Die antwoord word nou die wêreld vol gestuur aan elkeen wat deelgeneem het aan die epos veldtog. Fawu en die IUF het in antwoord op die ABI brief die volgende antwoord geplaas.
Financial Mail gee ʼn oorsig van die staking.
Lees verder ‘Onverantwoordelike vakbondwese van Fawu’
Gepubliseer .
Daar kom ‘n skraal wit man (noem hom sommer Japie) met ‘n moddermerk op sy wang na my aangestap en hy vra: “Ekskuus tog meneer, ek is regtig jammer ek onderbreuk u geselskap maar ek wil net vra of meneer dalk ‘n footjie het sodat ek een van daardie kitspasteitjies by die garage kan koop?” Ek krap in my beursie rond en vra vir Japie toe wat hy vir die toekoms en vir sy lewe beplan? Hy kyk my eers met sulke konyn fyn ogies aan en haal sy groen mussie van sy kop af en sê verbasend opgewonde: “Ek gaan seker ‘n werk moet kry!” Ek maak toe maar of die man ‘n kreatiewe oplossing tot sy probleme ontdek het en skud net my kop, ek sê vir Japie dat hy maar Orania toe moet trek want hier gaan hy sukkel. Japie het blykbaar al van hierdie “plek” gehoor, hy weet net nie hoe om daar uit te kom nie. Ek het hom toe maar in die regte rigting gewys en hy val toe in die pad.
Lees verder ‘Japie die bedelaar’
Gepubliseer .
Ideologie. Waaraan dink jy as jy dit hoor? Dis ‘n unieke denkraamwerk waarmee jou visie en verwagtinge op so manier gevorm word sodat die dinge om jou vir jou sin maak. Soos asem haal, mens besef nie noodwendig jys besig daarmee nie maar tog is jy. Ideologie is sekerlik een van die grootste rolspelers in ‘n persoon se lewe. Dis seker so mengsel van kultuur, gemeng met ‘n knippie taal, ‘n koppie herkoms en ’n bak vol kinderlewe en ondervinding en siedaar, jy het ideologie.
Lees verder ‘Ideologie in ‘n neutedop’
Gepubliseer .

Jana Maree
Een van die gewildste insetsels op Solidariteitradio is Kinderwêreld deur Jana en Martie Maree. Dit is Woensdae. As jy eers een insetsel geluister het gaan jy die hele reeks luister en vir jou kinders speel.
Gepubliseer .

Die filosoof Dan Roodt was vandag op SABC2 se Morning Live. Hy het kommentaar gelewer oor die stand van die nasie. Hy het ook ʼn goeie samevatting gegee oor die week se debat oor 20 jaar na 2 Februarie. Hy het ook bevestig dat FW nie baie vriende op die oomblik het nie.
Lees verder ‘Dan Roodt oor die stand van die nasie’
Gepubliseer .
Dit was ‘n fyn berekende magspel om Pretoria in Tshwane te verander voor die sokker Wêreldbeker. Een hekkie nog was om die naamborde wettig op te sit. Hier moes die stadsraad van Tshwane verby ASA en die hof kom. Dinge het egter nie mooi uitgewerk toe AfriForum hul gepootjie het nie. AfriForum het ‘n verklaring uitgereik.
Vandag het die Minister ook amptelik in die staatskoerant die naamverandering terug getrek.
Beeld het berig.
Lees verder ‘Nog ‘n Tshwane gatslag’