Gepubliseer .
My hart bloei vir elkeen van die misdaad slagoffers wat op hierdie mini-dokumentêr verskyn. Kyk na die dokumentêr op www.s-tube.co.za. Ek wens ons kon almal wat ons afgeneem het en wat vir ons en die president briewe geskryf het, in die dokumentêr plaas, maar ons kon dit nie langer maak nie.
Solidariteit het verlede week met ‘n veldtog teen misdaad begin. Ons het Suid-Afrikaners aangemoedig om www.geagtepresident.co.za te besoek en hulle brief te stuur, wat direk na die president se e-pos adres gestuur is.
Solidariteit het toe 23 000 misdaad briewe voor die parlement gaan aflewer (Intussen het ons al 43 000 briewe ontvang).
Lees verder ‘Die stories van meer as 43 000 mense wat die president nie wou hoor nie’
Gepubliseer .

Dirk Hermann van Solidariteit het ‘n Opebrief aan President Zuma gelees. Lees Open letter to President Zuma hier
Die brief is voor die skildery 19828 Grafskrifte vir Suid-Afrika gelees wat geskilder is deur Salomi Prinsloo.
Mense dwarsoor die wêreld kan nou ʼn kykie kry na van die briewe wat sowat 40 000 Suid-Afrikaners aan president Jacob Zuma gestuur het om die regering te versoek om misdaad die nommer een prioriteit in Suid-Afrika te maak. Die Solidariteit Beweging het vandag ʼn mini-dokumentêre program op die videowebwerwe Stube.co.za en YouTube.com vrygestel, met die titel Die stories van Suid-Afrikaners wat die president nie wou hoor nie. Luister ook Solidariteitradio.
Jacaranda FM het berig.
Lees verder ‘Solidariteit stuur ope brief vir Zuma’
Gepubliseer .
Dit is vanjaar tien jaar sedert Robert Mugabe en sy Zanu-PF-regering uit desperaatheid om die mag in Zimbabwe te behou duisende wit boere van hul plase begin verdryf het in ʼn sogenaamde grondhervormingsproses. Duisende wit en swart Zimbabwiërs het hul huise, werk en inkomste verloor, terwyl ʼn onbekende getal persone deur regeringsmagte, die Zimbabwe-regering en die polisie gemartel en selfs doodgemaak is.
Vandag is meer as 80% van die land se bevolking werkloos en ly meer as die helfte van die bevolking honger. Voor 2000 was Zimbabwe een van die stabielste lande in Afrika, met hoë opvoedingsvlakke, lae misdaad en groot uitvoere van landbouprodukte. Lees verder ‘En die wêreld doen steeds niks omtrent Zimbabwe nie’
Gepubliseer .

Kom kyk en luister van vandag om 12H00 af saam met duisende mense van dwarsoor die wêreld na die stories van gewone mense wat Zuma nie wou hoor nie. Luister na Solidariteitradio program.
Lees verder ‘Dr Duncan Prinsloo praat met Zuma’
Gepubliseer .
Die grootste stereotipe in Suid-Afrika - elke wit man is ‘n pro-apartheid rassis en elke swart man is ‘n geweldadige plaas aanvaller. Die stereotipe het weer kop uitgesteek die week waar Sam Ramsamy, lid van die Internasionale Olimpiese Komitee, wittes veroordeel omdat hulle nie die swart man se vergifnis wil aanvaar nie. Dis amper soos om wild te kyk of te jag, jy weet daar steek iets meer weg in die bos en sodra jy dit raak sien dan klap die skote.
Lees verder ‘Elke wit man ‘n rassis, elke swart man ‘n misdadiger’
Gepubliseer .
Dstv oorweeg om pornografie uit te saai. Wel, kom ons oorval ons tv stasies, ons films en sommer ons radio stasies ook met pornografie. Kom ons vra vir 24 uur pornografie stasies en laat ons kinders toe om dit te kyk. Kom ons sien dit maar as kuns eerder as ‘n afskuwelike sonde. Kom ons doen dit en kyk dan wat gebeur met moraliteit en norme oor 10jaar.
Lees verder ‘DSTV se televisie prostitusie’
Nuutste kommentaar