So nou en dan word ek geseën met kreatiewe entrepreneurskap idees en vandag het ek moontlik ’n goudmyn geslaan! Ek het twee niere en het net een nodig. Amper soos jou mangels of jou blindederm wat jy net kan laat uithaal. Ek het op die internet gaan kyk en advertensies gesien van mense wat hul niere of ander liggaamsdele wil verkoop, my idee toe nou nie so oorspronklik soos ek gedink het nie. Dit kom voor asof ‘n nier teen so $75 000 verhandel (mediese kostes uitgesluit).
Lees verder ‘Koop ‘n niertjie’
Maandelikse Argief vir Januarie, 2010Bladsy 3 van 14
Een gelukkige persoon wat voor Vrydag, 29 Januarie Solidariteit op Twitter begin volg sal ‘n luukse koffietafelboek oor die lewe van Generaal Koos de la Rey ontvang. Die wenner sal in volgende week se Soldeer bekend gemaak word.
Kliek hier om Solidariteit op Twitter te volg.
Klik hier om in te teken op Soldeer, die beste elektroniese nuusbrief in die land.
Vrydag hoor ek ene mnr Jan Venter en sy vrou is aangeval op hulle plaas naby Middelburg op die Stofberg-pad. Mnr Venter is doodgeskiet. En sedertdien lees ek elke dag van nog gruwelmoorde, alles op wittes, en dis net die gevalle waarvan ons in die media lees. Weer vanoggend in Beeld: Lees die artikel.
Wat staan ons te doen?
Die Business Day het hierdie week berig dat Afgri voortgaan met sy verkoop strategie. Vir werkers lees dit meer afleggings. Volgens Landbouweekblad en Farmers Weekly het die vakbond en Afgri koppe gestamp. Solidariteit is besig om nog met die huidige rondte afleggings te konsulteer. As ek eendag ‘n boek moet skryf sal die vakbondriller wees met Afgri as een van die hoofkarakters. Bouwerk aan die nuwe hoofkantoor waarin die vorige blog berig is vorder ook fluks.
Esops (werkersaandele skemas) is een van die beste maniere om werkers te bemagtig. Transformasie in die mynbedryf gaan voort volgens Midgett. Esops is een van die beste maniere om welvaart na die werkers oor te dra. Gavin Hartford van die Esop Shop het vandag ʼn voorlegging by die Departement van Minerale Sake gedoen oor die onderwerp. By die Mining Indaba is ook dan aangekondig dat Midgett 50 000 werksgeleenthede gered het in die mynbedryf.
WWW of te wel, Wêreldwyd op Woensdag. Carina Roos is die aanbieder van hierdie splinternuwe program op Solidariteit Radio. Die eerste Wêreldwyd op Woensdag is op 6 Januarie uitgesaai en het sedertdien die stasie se gewildste program geword.
Soos die naam sê, “toer” die program elke week na verskeie wêrelddele, en ʼn wêreld van onderwerpe word bespreek. ʼn Program propvol wenke en dinge om te doen waarmee jy jou week kan opkikker. Luister elke Woensdag om 12:00.

