Gepubliseer .

Ons liewe “comrade” Mnr. Zuma is getroud! Eintlik glad nie ‘n groot gebeurtenis nie aangesien dit sy derde troue is. Trou is mos maar soos kar koop, in plaas van ‘n deposito, gee mens deesdae net “lobola”. Eintlik ‘n gelukkige man, gelukkig getroud met al drie van hulle. Agter elke suksesvolle man…is daar meer as een vrou. Die grootste ironie van die hele troue is sy nuwe vrou se van. Me. Thobeka Madiba. Zuma moes dalk eerder haar van oorgevat het eerder as andersom. Ons almal het seker gehoop en bid Madiba kom weer in die prentjie, net nie geweet ons gebede gaan bewaarheid word in die vorm van sy vrou nie.
Zuma se skoonfamilie het sy bekende “Awuleth’ umshini wami” (bring my masjiengeweer) “struggle” lied gesing by die troue. Kort die skoonfamilie die masjiengeweer om Zuma weg te hou van hul dogter, of probeer hulle die huwelik uitbeeld as ‘n ”struggle”? Snaaks hoe sulke geweldadige liedjies so deel kan word van ‘n kultuur, kinders by dossyne sou mos nou meer van pas gewees het. As ek weer na die foto kyk is “tant koek se hoenderhaan…” dalk meer gepas.
Lees verder ‘Bring my masjiengeweer…dan trou ek weer en weer’
Gepubliseer .
Maak seker jy volg Solidariteit op Facebook en twitter. So bly jy op hoogte van sake waarmee Solidariteit besig is.
Om ons te volg op twitter.com, klik hier.
Om betrokke te raak by ons Facebook aksies, klik hier.
Gepubliseer .
Solidariteit Navorsingsinstituut het vandag ‘n verslag uitgereik wat bewys dat matrikulante wat nie verder studeer, gaan sukkel om werk te kry.
Klik hier vir die mediaverklaring
Klik hier vir die verslag
Gepubliseer .
Letterlik honderde der honderde mense het oor die Kerstyd opgestaan en hul sê oor FNB gesê. Binne enkele ure het honderde klagtes FNB getref. Die Facebook-groep het oor die 500 lede in die stilste tyd van die jaar gekry, en ons dienssentrum is oorval met e-posse. Die reaksie was oorweldigend en het ons verwagtinge oortref.
Mense het gesê: “Ons gaan dit nie vat dat daar teen ons op grond van ons ras gediskrimineer word nie en as julle nie luister nie, straf ons julle deur ons rekeninge te sluit.”
Gaan lees gerus weer die reaksie van mense. Dit was ongelooflik.
Wat ons hier beleef het, is die krag van gemeenskapsaktivisme. Dit is ʼn nuwe soort politiek waarvan die volle krag nog nie ontdek is nie. Nuwe tegnologie maak hierdie soort aktivisme net meer effektief. In die veldtog teen FNB het ons die webbladsy, blogs, Facebook, Twitter en e-posse ingespan.
Die resultaat: sukses!
Lees verder ‘FNB – die krag van opstaan’
Gepubliseer .
Wat is die doel van Nuwejaar vieringe? Ons gil van blydskap, deel seënwense en soene uit en hoor konstant klap geluide, wat vir eens nie geweerskote is nie, net omdat die kalender so sê. Vier ons dan dalk maar Nuwejaar net omdat ons nog 365 dae op aarde oorleef het?
Saam met Nuwejaar kom natuurlik voornemens, ek wil graag aan elke roker sê dat jy nie gaan ophou rook net omdat die kalender weer by Januarie begin nie. En aan elke persoon wat soggens se draf al uitstel vir die afgelope 35 jaar, die jaar 2010 gaan nie anders wees net omdat 2009 verby is nie. Aan elke slegte vader figuur, vroue slaner, drankverslaafde, lui huisvrou en elke skelm roker, die belofte van ‘n nuwe jaar maak dit nie makliker om te verander nie. Inteendeel, dit maak dit moeiliker omdat jy voel jy moet dit regkry voor die klok 12 uur slaan op 31 Desember 2010.
Dan is daar ook natuurlik die heldersiendes wat voorspellings maak vir die Nuwejaar. Een wat ek elke jaar hoor is die voorspelling dat ‘n politikus gaan dood gaan. Die kans is goed ja, aangesien helfte van Suid-Afrika reeds politikuste is. Die ander voorspelling wat ek ook gehoor het (ware verhaal) is dat Bafana Bafana nie goed gaan vaar in hierdie jaar se sokker-Wêreldbeker nie. Ek dink regtig ek moet ook ‘n siener word, want ek sien dit ook. Ek voel dis nodig om my eie voorspellings te maak, as iemand anders kan sien dat Bafana Bafana gaan sleg vaar dan is ek seker ek kan ook ‘n paar dinge in die toekoms sien. Hier is my voorspellings vir 2010 (moenie verbaas wees as ek reg is nie):
Lees verder ‘Voornemens, voorspellings en sommer ook die nutteloosheid daarvan’