Bladsy 1 van 1412310...Laaste »

Maandelikse Argief vir Januarie, 2010

Sal iemand asseblief teen Tokyo opstaan?

sexwale_large

Tokyo Sexwale het die afgelope week rassehaat teen wit boere aangejaag deur te beweer dat Suid-Afrika elke dag ‘n Haiti ervaar soos wat wit boere hul werkers vanaf plase verjaag. Dit is natuurlik alles ‘n klomp twak. Ek het net gewonder waarom die opposisiepartye en in besonder die hoof opposisie so stil hieroor is? Iemand moet teen Sexwale optree! Hier is die storie wat daaroor in Beeld verskyn het.

Die ANC maak Marogas

Sondag breek die Sunday Times die storie dat Jacob Maroga vir Eskom dagvaar vir ʼn R85 miljoen skeidingspakket. Die weerstand en kritiek teen die eis was eendragtig teen die eis. Sake Beeld, Sake Burger,Business Day en Business Report het daaroor berig. Die beste aanhaling kom egter van Cope af ‘ANC makes Marogas’: The Congress of the People warned on Thursday that the ANC’s unscrupulous governance will continue to produce the “greedy Marogas of this world”.

Solidariteit het kommentaar op Spektrum gelewer.

Lees verder ‘Die ANC maak Marogas’

Mopkop, kaalkop…uitgeskop? – Deur Marietha Malan

“Moenie links kyk nie, Ma!”
Dis my tweedejaarseun se opdrag terwyl ons deur ʼn winkelsentrum stap. Natuurlik kyk ek links. Die plek wat hy nie wil hê ek moet sien nie, is…’n manshaarkapper.

Lees verder ‘Mopkop, kaalkop…uitgeskop? – Deur Marietha Malan’

Die man met die modder aan sy skoene help ook werk skep

plant

Tokyo Sexwale beskuldig vandag in Beeld dat boere Suid-Afrika soos Haiti maak. Ek is nie kwaad oor die opmerking nie maar meer teleurgesteld aan sy gebrek aan insig. Sexwale het beslis nie in ʼn plakkerskamp geëindig nie maar was aan die ontvangkant van talle BEE transaksies. Dit maak hom een van die rykste Suid-Afrikaners wat vir vrye tyd besteding die gemeenskap dien in die kabinet as minister. Hy het selfs sy eie wynplaas gekoop vir R105 miljoen.  Dit is egter jammer dat Julius Malema optree as sy mentor.  In sy uitspraak mis Sexwale een groot feit en dit is die stabiliserende rol van landbou.

Lees verder ‘Die man met die modder aan sy skoene help ook werk skep’

Staan op teen die wrede moord op ongebore babas

'n Baba wat deur 'n aborsie vermoor is

'n Baba wat deur 'n aborsie vermoor is

Môre op Vasvat op Vrydag op Solidariteit Radio, staan ons op teen die wrede moord op miljoene ongebore babas regoor die wêreld wanneer ons gaan bewys hoe siek aborsies werklik is. Ons praat met kenners van regoor die wêreld wat bewys dat die lewe by bevrugting begin en dat ongebore babas al teen so vroeg as 10 weke van ontwikkeling pyn kan aanvoel. As ek nie ‘n volwasse mens wreed mag vermoor nie, wat gee ‘n ma die reg om haar ongebore baba wreed te laat vermoor? Luister Vrydag, 28 Januarie 2010 om 12:00 na Solidariteit Radio by www.solidariteitradio.co.za. Indien jy nog nie seker oor hierdie saak is nie kan jy gerus ‘n artikel hieroor hier gaan lees.

Goeie nuus is vir die wat dit wil hoor

Ek eksperimenteer, niemand lees ‘n blog met die opskrif “goeie nuus” nie. Ons is mos so geprogrammeer, soos klein Jack Russels wat op hitte is en opsoek is na slegte nuus. Maar wat doen al die slegte nuus en gedagtes aan ‘n mens? Die enigste ding wat alle suksesvolle mense in gemeen het is hul eie gedagtes wat hulself kan oorreed dat die lewe beter is as wat hy lyk. Goeie gedagtes trek goeie goed aan, as jy elke dag van jou lewe jou tyd spandeer aan als wat jy wil hê en visualiseer en jouself sien in ‘n verhouding met ‘n miljoenêr met hartprobleme, vriendelike skoonouers en jou eie helikopter, dan gaan dit so gebeur!
Lees verder ‘Goeie nuus is vir die wat dit wil hoor’

Bladsy 1 van 1412310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube