Vandag verskyn daar in Business Day ‘n brief deur dr Lucas Ntyintyane van Kaapstad. Ek noem dit die drie in een brief. Hy gee ʼn mening oor drie onderwerpe waaroor ek my al oor op die blog uitgelaat het. Eerste is daar Schabir Shaik en hy vrae die vraag tereg of korrektiewe dienste nie daarvan bewus was dat Shaik niks makeer nie. Dan is daar tweedens die lofprysing vir Manto. Hier word die vraag gestel of die dood van 300 000 MIV/Vigs sterftes nou kollektief skuif vanaf Manto na die ANC as mens na die lofprysings kyk. Dan die laaste vraag gaan of opmerking gaan oor Julius Malema. Sy uitval met die SAKP was volgens dr Lucas Ntyintyane ʼn insig vir die land. Die vraag is wie dryf die land se produksie. Ek neem aan die dr Lucas Ntyintyane sal nie eendag een of ander nasionale orde in die land kry nie.
Maandelikse Argief vir Desember, 2009Bladsy 3 van 14
Sit lekker agteroor en luister hoe gesels Dirk Hermann op RSG se program: Ons en die ekonomie met Erika van der Merwe.
1. Die belangrikheid van vakbonde.
2. Die rol van vakbonde.
3. Vrae aan Dirk.
4. Teleurstellings en uitdagings vir 2009.
5. Uitsig vir 2010.
6. Luister ook na Dirk op Monitor.
Lees Business Report artikel oor die algemene stand van vakbonde in die land.
As jy hou waarvan jy hoor, skakel 0861 25 24 23 en word ‘n lid van Solidariteit.
Solidariteit tweet nou ook op twitter! Volg ons op twitter, klik hier en dan op ‘follow’.
Die gelukkiges span reeds by hul gunsteling vakansieplekke uit terwyl ʼn paar bittereinders eers voor Kersnaweek die lang pad sal aanpak. Ander ry met Jan Tuisbly se karretjie. Waar jy jou ook al bevind dié Kersseisoen, Solidariteit Radio is daar om jou geselskap te hou.
Tussen Kersfees en die nuwe jaar, kyk die aanbieders van Mense op Maandag, DinsdagForum, Tossie Lochner, Suid-Afrika, Dirk op Donderdag, VakbondNuus, Vasvat op Vrydag en In Solidariteit, terug na die hoogtepunte van Solidariteit Radio in 2009.
Lees verder ‘Solidariteit Radio se stem nie stil oor Kersfees’
Lees die berig wat in vandag se Beeld verskyn het:
SA jonges sit op tydbom – Beeld
Die hele berig is hier ingevoeg, maar as jy die berig in Beeld self wil lees: klik hier
Alet Rademeyer
Suid-Afrika sit op ’n “maatskaplike tydbom” met sy meer as 3 miljoen mense tussen 18 en 24 jaar oud wat nie werk het of enige onderrig of opleiding kry nie.
Luidens ’n verslag, Responding to the educational needs of post-school youth, wat onlangs verskyn het, is dit nie net ’n onderwysprobleem nie, maar deel “van ’n maatskaplike en ekonomiese ramp”.
“Dit dui nie net op ’n massiewe vermorsing van talent nie, maar ook op die moontlikheid van ernstige ontwrigting.”
In 2007 was 2,8 miljoen van die sowat 6,7 miljoen jongmense tussen 18 en 24 jaar sonder werk of opleiding.
In die week se Huisgenoot verskyn ‘n artikel oor plaasmoorde. Solidariteit het in die verlede ‘n hele radioprogram gehou rondom die probleem. Volgens AgriSa is 1650 boere vermoor sedert 1991 tot 2007. Daar was ook 10412 aanvalle.
Die land het 450 000 myners. Hiervan sterf sowat 170 gemiddeld in mynongelukke. Dit beteken jou kans as mynwerker om te sterf is 0.037%.
Die land het 37 000 boere. Hiervan sterf 103 gemiddeld per jaar. Jou kans as boer om te sterf is 0.27%. Heelwat groter as ‘n mynwerker wat as ‘n gevaarlike beroep gereken word.
Die jongste moord was ‘n boer by Vivo in Beeld. Nantes Kelder van AfriForum gee ook wenke vir die feestyd.
Sien ook artikel oor mees spanningsvolle beroepe.
AgriSa het ook bevind dat weekliks twee boere sterf.


