Bladsy 14 van 14« Eerste...10121314

Maandelikse Argief vir Desember, 2009Bladsy 14 van 14

So werk sokker regstellende aksie

 Suid-Afrika is ‘n spesiale geval. Of so is die meerderheid van die bevolking gewoond. Hoekom nou nie ‘n uitsondering maak met die sokker-span nie. Hulle kwalifiseer outomaties vir die wereldbeker nie weens hul sokker vernuf nie maar omdat die geleentheid hier plaasvind.

Met die loting van die spanne word hul ook dan nou verder voor getrek. Hier is Suid-Afrika een van die agt gekeurde spanne. Wat moet die wereld van die plaaslike span dink wat niks op sy eie kan doen nie. Een of ander tyd gaan ons die grap van die wereld word. As ons dan vroeg moet verloor, kan ons dit met trots doen.

  Lees verder ‘So werk sokker regstellende aksie’

Afrika se koringmandjie?

z3

 

In die ou dae is Zimbabwe beskryf as Afrika se koringmandjie. Nou is dit ‘n armlastige staat wat vir kos bedel. Die agteruitgang is opgesom in ‘n Bulletin van TLU-SA. AfriForum het ook dan verlede week met die hulp van Agri SA en die CFU ‘n gunstige uitslag gekry in ‘n belangrike hofaansoek. Die Daily News is positief oor die verwikkeling. Volksblad het die oorwinning op hul voorblad gesit. RSG het daaroor berig. Dit was ook op E-News.

Leadershiponline beskryf AfriForum se bydrae soos volg:  Had AfriForum not forced an agreement to the contrary out of the South African government, the BIPPA would effectively have given Zimbabwe immunity from any court actions against its illegal takeover of land.

 Dan is daar altyd die trooswoorde. Suid-Afrika is nie Zimbabwe. Maar wat van die meer as 4 miljoen Zimbabwiers wat al klaar onwettig in Suid-Afrika sit?

Jan Alleman en sy buurman

Nasionalisering. Ek plaas myself nou in Jan Alleman se skoene. As Jan Alleman, is nasionalisering maar ‘n onaangename en dikwels ’n puntlose gesprekspunt. Wie gee in elkgeval om. Ek, as Jan, is dalk groot gemaak met ‘n meer sosialistiese siening, maar dis net omdat my pa sy hele lewe by die melkwinkel op die hoek gewerk het en bitter min “benefits” gehad het. Maar as ek iets moet sê en as iemand my vra, wat sal ek sê?

Ek het al gehoor dit is ‘n sisteem wat effektiewelik rykdom “gelyk” kan verdeel. Klink na ‘n blink plan. Ek hoor ook dat basiese dienste soos vervoer, gesondheid en telekommunikasie aan elkeen in die land voorsien word! Joe, dit klink mos nou goed. Verder verleen dit blykbaar stabiliteit aan ‘n land, en mense word beter en goedkoper van hul basiese behoeftes voorsien. Die ryk buit nie die arm uit nie. Die produktiwiteit van een persoon help ‘n ander persoon. Klink my almal kry ‘n regverdige kans, en ek wie Jan is, is mos ‘n regverdige man. Al wat saak maak is jou diens vir die gemeenskap. Hoe kan ek nou daarteen stry?

Maar my buurman, Piet, het ‘n ander siening oor nasionalisering. Dalk omdat hy daardie einste melkwinkel besit het. Meer individualisties, ek onthou nog hoe hy altyd gesê het dat mens kies of jy arm of ryk wil wees. Moeilike begrip, veral in Suid-Afrika. Maar Piet die buurman het ook altyd gekla oor sy belasting geld wat gebruik word vir korrupsie en iemand anders se elektrisiteit. Hy het ook nooit gebruik gemaak van publieke hospitale nie (al het sy belasting daarvoor betaal). Hy het geglo in die prinsiep om vir jouself te werk, en eers sodra jy bo uitkom, dan gee jy terug aan ander. Hy was nooit ‘n groot ondersteuner van “Ubuntu” nie. Ek het al gehoor Piet glo nie in nasionalisering nie, hy glo blykbaar in kompetisie en in ‘n vrye mark.

Soos ek gesê het, hierdie gesprekspunt is maar vir Jan Alleman ‘n puntlose gesprek. Elkeen, sosialis en kapitalis, dink op die ou end net aan homself. Seker niks fout daarmee nie, maar hoe langer ek die mens leer ken, hoe liewer raak ek vir my hond.

 

 

Saambly word in 2009 “minder verkeerd”

Dit is 2009 en nou word daar nou ge-hum en ge-ah oor of saamwoon voor die huwelik nou eintlik verkeerd is. Beide die NG en die NH Kerk wil nou die saak ondersoek en kyk nou na die moontlikheid om ‘n nuwe beleid hiervoor te kry.

Volgens ‘n artikel wat in Rapport verskyn het “het die tyd dalk aangebreek dat die kerk aanpas”.

Van wanneer af moet geloof by die wêreld aanpas? En van wanneer af is dit ok om saam te woon, solank jy dit op ‘n “volwasse manier” hanteer?

Dan is daar nog die woorde van die teoloog, dr. Chris Jones, wat my laat sidder: “Ons verafgond dikwels die huwelik onnodig. Die huwelik is nie ‘n goddelike instelling nie. Dit kan net heilig wees afhangend van hoe dit bestuur word.”

Ek is dalk nie ‘n teoloog nie, maar ek hoef nie een te wees om te weet dat ek nie my geloofstoepassing van dinge kan aanpas soos dit my pas nie. Ek kan nie vandag een ding glo en môre iets anders net omdat die wêreld intussen van sy opinie verander het nie.

Die huwelik IS deur God ingestel, dit is net dat mense dit goedkoop gemaak het. Ons kan maar die huwelik hoog stel, want dit is vir God so belangrik dat Hy die beeld van die huwelik gebruik om Sy verhouding met ons te beskryf.

Bladsy 14 van 14« Eerste...10121314



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube