Polmed het onderneem om 88 Solidariteitlede terug te plaas op die siekefonds. Sien Beeld en vorige blog. Die vakbond is ook besig met ʼn hofaksie met ʼn tweede groep van 48 Solidariteitlede soortgelyk as die eerste groep wat terug geplaas moet word.
Maandelikse Argief vir Desember, 2009
Die oes moet net ryp wees op die land dan slaan Zimbabwe plaasbeseters weer toe. Soos gewoonlik kan die SA regering niks doen nie en moet deur die hof verplig word om te help. AfriForum rol weer hul moue op vir ‘n geveg. Die boer Ray Finaughty is drie ure gegun om sy plaas re verlaat. AfriForum het egter in die verlede sukses behaal.

Die ergste stof het gaan lê en Solidariteit en FNB het voorlopig vrede gemaak het oor die beurs opvoedings skema. Gewese FNB kliënt het kommentaar gelewer op die blog en vrae deurdringende vrae. Die vrae sal op 11 Januarie op die spits gedryf word as FNB en Solidariteit ontmoet. Die vrae sal dan in ʼn werkbare oplossing omskakel moet word tot voordeel van minder gegoede wit FNB werkers. Armoede ken geen kleur nie en wit armoede het buite verhouding gestyg.
Solidariteit en FNB het ʼn ooreenkoms bereik waar die bank sal kyk hou kan hy sy wit werkers akkommodeer in die bank se werkers aandeleskema. Aanvanklik het Solidariteit net versoek dat wit werkers wat minder as R100 000 per jaar verdien se kinders toegang moet kry tot die opvoedings inisiatiewe wat FNB beskikbaar stel. Om vir die inisiatiewe te kwalifiseer moet werkers egter eers toegang kry tot die aandeleskema. Die stap word nou op 11 Januarie uitgesorteer.
Lees Burger,Beeld en Sapa. Luister RSG se Monitor.
Die groot helde van die hele veldtog was die publiek wat die wit werkers van FNB te hulp gesnel het, meer as 400 klagtes gestuur het en onverpoos kommentaar gelewer het. FNB het binne 24 uur versoek dat Solidariteit die veldtog moet staak en dat daar ‘n regstelling sal kom.
Die debat het nou uitgebrei na ander platforms soos News24, Fin24 en The Times.
Pleks om die korrekte ding te doen en omverskoning te vrae pleit FNB hul onskuld op Sapa en IOL. Dit beteken Solidariteit het reeds die korrekte fondament daar gesit vir ‘n intense veldtog. Dit is vir elkeen om self te besluit wie se droom deel hy. Die reaksies op die vorige blogs was vurig. Ek vermoed dit is net die begin.
Micheal Jordaan, die CEO van FNB regverdig ook hul besluit met ‘n blog kommentaar. Hier is sy kommentaar:
Die skema is deel van FirstRand se swart bemagtigingstransaksie ingevolge die Kodes wat deur die Departement Handel en Nywerheid vrygestel is. As alternatief om slegs sekere prominente swart individue te bevoordeel is die doel van die beurse om eerder swart kinders beter op te voed. As sulks behoort die beurse eerder as ‘n rolmodel vir ander swart bemagtigingstransaksies gesien word. Dit sal gaaf wees as Dirk Hermann FNB direk kan kontak.
As jy gedink het Solidariteit is net ‘n vakbond, dink weer. Solidariteit hou nooit op om te baklei vir die regte van ons lede en ons mense nie. Ons leuse sê mos: Ons bekerm ons mense!- Solidariteit wys beste én swakste werkgewers vir 2009 aan: Lees meer of Luister na ‘n klankgreep
Hier is gou ‘n paar vinnige skakels na die jongste gebeure by die Solidariteit Beweging:
- FNB diskrimineer teen wit werknemers – Swart Kerskouse vir wit werknemers by FNB Luister na ‘n klankgreep of Video of Lees meer
- Afleggingswaard oor nóg Afgri-werkers: Lees meer of Luister na ‘n klankgreep
- Geseënde Kersfees aan elke Solidariteit-lid: Video











