Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) wat verbonde is aan die Universiteit van Stellenbosch doen sedert 2000 ʼn kwartaallikse opname oor inflasieverwagtinge onder besighede, ekonome/finansiële analitici en die arbeidsektor (hoofsaaklik vakbonde).
In die opname word aan deelnemers gevra wat hulle verwagtinge is vir die gemiddelde vlak van verbruikersprysinflasie vir die huidige jaar, die daaropvolgende jaar en die jaar daarna. In die eerste kwartaal (Q1) van elke jaar moet die deelnemers dus ʼn voorspelling maak met byna geen bekende data vir die jaar nie, terwyl die voorspelling in die derde kwartaal (Q3) slegs afhang van drie of vier maande se onbekende data. Daar sou dus verwag kon word dat die voorspellings vir die huidige jaar akkurater sou word soos wat die jaar einde se kant toe staan.
Verlede jaar se data kan as ʼn voorbeeld gebruik word: In die eerste kwartaal (2008Q1) was gemiddelde inflasieverwagtinge vir die hele jaar gelyk aan 8,2%. In die tweede kwartaal (2008Q2) het dit gestyg tot 9,5% aangesien werklike inflasie ook gestyg het. In 2008Q3 het dit geklim tot 10,6% en in 2008Q4 tot 11%. Die werklike gemiddeld vir inflasie in 2008 was gelyk aan 11,5%. Inflasieverwagtinge het dus, soos verwag, al nader aan die korrekte getal beweeg namate die voorspellingstydperk korter geword het. Die groep wat hierdie wiskunde klaarblyklik die beste verstaan, is ekonome, aangesien hul Q4-voorspellings tot dusver nog byna altyd binne ʼn 5%-variasie rondom die werklike getal was. Selfs hul Q3-voorspellings is gewoonlik binne ʼn 10%-variasie. Besigheid en arbeid is feitlik altyd heelwat verder verkeerd.
Lees verder ‘Inflasieverwagtinge is onrealisties’




Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het onlangs interessante, en terselfdertyd kommerwekkende, statisitieke bekendgemaak. Sowat 39,5% van swart moeders in Suid-Afrika het nooit getrou nie, terwyl slegs 3,1% blanke moeders nooit getroud is nie. Met net 28,6% van swart gesinne waar beide ouers in die huishouding teenwoordig is teenoor amper 80% van blanke gesinne waar beide ouers teenwoordig is, is dit moeilik om te glo dat kultuur nie ‘n rol speel nie. Die teenwoordigheid van ‘n pa, vir kinders onder 15 jaar, onder swart gemeenskappe is 37% en weereens aan die ander kant 86,7% onder die blanke gemeenskap. Met skokkende wiskundeslaagsyfers in Suid-Afrika, waar 77% van swart mense jaarliks nie wiskunde slaag nie terwyl slegs ‘n skrale 7,3% van wit kinders jaarliks nie die vak slaag nie, is dit duidelik dat daar erens ‘n slang in die gras is.