Kabinetslede spandeer miljoene om te onthaal, te bly en in hul grande motors te ry. Maar die paaie van SA is in so ʼn toestand, dat dit mense se lewens elke dag in gevaar stel.
Ons ry ʼn paar naweke terug na ʼn familie byeenkoms in Natal. Ons kan eers die Vrydag na werk ry, en weet ons gaan in die donker moet ry op ʼn pad wat nie so veilig is nie en ook vol slaggate is. So, tussen Leandra en Standerton, op daai pad wat nou seker al 10 jaar in ʼn toestand is, tref ons een massiewe slaggat. Ons kon nie uitswaai nie, want ʼn trok kom van voor en ons het die gat te laat gesien, want dis donker. Die skade is wat my woedend laat: Twee van die kar se bande is beskadig, twee wieldoppe is flenters en die voorband se velling is beskadig. R 1 000 – 00 vir twee nuwe wieldoppe by Mercedes, R 195 – 00 vir wielbalansering en wielsporing en die res moet ek nog laat herstel.
Maar gister toe ek by die huis kom, kry ek ʼn boete. Ek het 15km/uur oor die toegelate spoedgrens gery op die N14. Ek is sommer op die plek woedend. Ek, getroue landsburger, betaal al my belasting en fooie soos van my verwag word, maar ry vir ʼn heerlike naweek Natal toe, verniel my nuwe kar so dat ek wil huil, maar moet maar rustig wees, getrou wees en ʼn boete betaal! As ek seker was daai boetegeld word gebruik vir die regte doel, het ek dit met liefde betaal, want ek stry nie, ek was verkeerd om 15km/uur oor die spoedgrens te ry, maar die regering het vrede of ek amper dood is omdat hulle oortree en nie die pad onderhou nie.
En wraggies lees ek… Lees verder ‘Regering stel mense se lewens in gevaar’

