Bladsy 1 van 1412310...Laaste »

Maandelikse Argief vir November, 2009

10 dinge om voor dankbaar te wees

Ek rig hierdie aan elke Suid-Afrikaner wat so nou en dan negatief voel. Daar is dinge in Suid-Afrika (glo dit of nie) waarvoor ons kan dankbaar wees, hier is 10 dinge waarvoor jy vandag kan dankie sê:

1.) Die petrol prys gaan op. . .”what goes up must come down”

2.) Joost, Steve en Jurie is nie in die politiek nie

3.) Vrouens het stemreg

4.) Die Springbokke kan nie verloor nie… hulle toer is verby

5.) Bafana Bafana kwalifiseer outomaties vir die Wêreldbeker (hierdie keer)

6.) Julius Malema het nog net een kind

7.) Ras Dumisani (professionele volksliedsanger) het afgetree

8.) Mandela lewe nog

9.) Hoef nie ouderdom te vrees nie, Suid-Afrika se lewensverwagting is maar 51

10.) Die aarde draai… so een of ander tyd moet ons bo kom

Het jy nog dinge om voor dankbaar te wees? Een kommentaar op ‘n slag sal oons Suid-Afrikaners se gesindheid verbeter.

Uit die mond van die suigeling

Waaroor gaan Kersfees regtig?

Luister na ‘n paar kleuters se opinies

Beveg ons besoedeling of klimaatsverandering?

Daar is ‘n nuwe geloof: Die absolute stryd teen aardverwarming en sy opvolger klimaatsverandering (Daar is eers van aardverwarming gepraat, maar toe kry die Noordelike Halfrond twee woeste koue winters en besluit hulle om eerder van klimaatsverandering te begin praat). Ek is moeg daarvoor om die linkse, polities korrekte argumente oor sogenaamde aardsverwarming aan te hoor. Daar is soveel goeie argumente daarteen. Verlede jaar het die noordelike halfrond een van sy koudste winters ooit gehad. Fairbank, die tweede grootste stad in Alaska het verlede week ‘n nuwe koudste rekord ooit vir November behaal: -37 grade Celcius.
polar-bear
Of die aarde besig is om warm te word en of die klimaat werklik verander is ek nie seker van nie en nadat ek talle boeke hieroor gelees het is ek nog onsekerder. (‘n Goeie boek is The Politically Incorrect Guide to Global Warming.) Daar is baie wetenskaplikes met mooi argumente vir beide kante van die saak.

Wat ek egter wel weet is dat ons besig is om ons planeet lelik te besoedel. So terwyl regerings miljarde rande/dollars/wat ookal spandeer om klimaatsverandering te bestudeer, te debateer en te probeer reguleer raak ons mooi planeet net vuiler, leliker en meer besoedel.

Ons moet besoedeling stopsit en dit aan die Here oorlaat om te besluit of die aarde moet verwarm en of die klimaat moet verander. Die geskiedenis wys duidelik vir ons dat die wêreld se klimaat in die verlede al baie verander het (Libië was eens ‘n lowergroen land gewees!) en dit sonder die mens se invloed. Ek dink regtig ons is nie in beheer hiervan nie. Waarvan ons wel in beheer is, is die uitlaatgasse, rommel, chemiese stowwe en al die ander bose goed waarmee ons almal elke dag die planeet besoedel. Om nie eers van die uitroei van ons woude, waterbronne en grondstowwe te praat nie. Dit moet stopgesit word, maar eers moet ons die onnodige debat oor klimaatsverandering staak. Sodra die aarde skoon is kan ons daaroor begin bekommerd wees!

Fluitjieblaser bewys hy is reg.

s24

Die besturende ingenieur van die kragstelselbeheerdepartement van die Tshwane-munisipaliteit, mnr. Jaco (AJ) Weyers, wat die fluitjie geblaas het oor die invloed van die stadsraad se regstellendeaksiepraktyk op veiligheid, het sy saak in die Appèlhof in Bloemfontein gewen.

Beeld het berig oor die storie.  Die artikel het ook in Rapport verskyn en Dirk Hermann het daaroor gepraat op RSG. Kyk na die uitspraak.

Die implementering van regstellende aksie gaan tot uiterstes al beïnvloed dit dienslewering en veiligheid negatief. Dit is ‘n beleid wat nie weet hoe ‘n balans gevind kan word nie, al is dit tot nadeel van die grootste deel van die bevolking.

Lees verder ‘Fluitjieblaser bewys hy is reg.’

Nie alweer Kersfees nie

Kersfeesliggies, Kersvaders, vrolike advertensies en Kersliedjies in die agtergrond. Dit is iets om van naar te word. Nie noodwendig omdat ek nie van Kersfees hou nie, maar bloot omdat Kersfees elke jaar vroeër en vroeër begin. Teen hierdie tempo hou ons binnekort Kersfees in Julie. Dit is snaaks hoe daar reeds in September advertensieblaadjies verskyn met ‘n Kersboom op, Kersliggies in die hoofstraat van ‘n klein dorpie en allerhande mooi getooide winkelsentrums.

Ek dink daar moet ‘n geheime organisasie of liggaam gestig word wat hierdie tipe van dinge kan monitor om te verseker dat Kersfees nie voor 1 Desember gevier word nie. Ek sal selfs ‘n finansiële bydrae maak tot so ‘n organisasie. Ek hou van Kersfees, maar dit voel net asof Kersfees skaars verby is voordat die volgende een weer begin, en boonop word Kersfees in elk geval as bemarkingspropaganda gebruik om daai laaste pennie uit ‘n mens te forseer. Alles is duurder oor Kerstyd – tot die petrolprys styg. En hoe vroeër die Kersfeesvieringe begin, hoe vroeër betaal ons duurder vir alles. Hiermee doen ek beroep op mense: slaan asb. jul Kersbome eers die 1ste Desember op en slaan jou Kersboom weer die 26ste Desember af.

In watter klas en groep val jy?

s110

Die naweek het daar in die By van Beeld ‘n insiggewende artikel verskyn deur dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. Dit was getiteld: Vry om Afrikaner te wees. Dit gee breedweg drie klasse waarin Afrikaner hulself bevind. Daar is die verarmede Afrikaner, die gelouterde Middelklas, en die nuwe geslag Afrikaner. Hy defineer dan kortliks ook elkeen van die klasse.

Langner sluit ook dan soos volg af: Treetjie vir treetjie is die Afrikaner besig met selfdefiniëring vanuit ’n interne lokus.  Gelouterde Afrikaners sê toenemend met groter selfvertroue: Ons is steeds hier! Ons het ’n roeping hier.  Ons kinders moet ’n toekoms hier hê.

Dit wys vir my sy artikel kan verby die braaivleisvure beweeg en ‘n langer standhoudende argument aan die gang sit. Net soos wat jy in een van die klasse val, bestaan Solidariteit lede uit die volgende groepe: Vreemdelinge, vriende, lid, lojale lid, aktivis of ontnugterde lid. Dit is altyd goed om te weet waar jy behoort.

Bladsy 1 van 1412310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube