Mugabe het in sy eerste TV-onderhoud met Westerse media in dekades wat onlangs op CNN uitgesaai is, gesê het dat grondonteiening die beste ding is wat nog met Zim kon gebeur het! Vandag sien ek dat die Wêreldbank $74 miljoen (US $ nie Zim $) in die land se landbou gaan belê! Praat van geld in die water gooi…
Maandelikse Argief vir Oktober, 2009Bladsy 11 van 11
Whitey Basson, uitvoerende hoof van Shoprite/Checkers, het die afgelope 12 maande ‘n salaris van R24.1 miljoen gekry. Dit is ‘n 45% verhoging vanaf die vorige jaar! Ek wonder wat maak mens met so baie geld. Sal hy ‘n bydrae vir Solidariteit se beursfonds of dalk ‘n voedingsprojek gee?
Die afgelope week is Angela Merkel tot ʼn tweede termyn as kanselier van Duitsland verkies. Talle kommentators het dit as ʼn skuif na regs beskou. Woensdag het die dagblad Beeld in sy redaksionele kommentaar na die algehele skuif na regs in Europese politiek verwys. In Nederland, Frankryk, België, Oostenryk, Spanje en Italië is dieselfde aan die gebeur. In Pole is die regse partye reeds baie sterk.
Dit is egter nie net op die Europese vasteland waar daar ʼn beweging na regs is nie. Die afgelope week het ʼn peiling in Brittanje gewys dat die linkse Arbeiderssparty nou slegs die derde grootste party volgens steunbasis is. Daar bestaan nie meer veel twyfel dat die Konserwatiewes volgende jaar die regering gaan oorneem nie. In Skotland is die Nasionaliste ook in ʼn baie sterk posisie. Lees verder ‘Skuif na regs nie net in Europa nie’
