Rugby-koors loop hoog. My voorspelling vir ‘n eindtelling is 32-12 vir die Bulle.
Maandelikse Argief vir Oktober, 2009
Esop is een van die maniere waarop werkers bemagtig word in die werksplek. Twee sulke Esops is die Toro trust van Northam Platinum en die Bokomosa trust van Anglo Gold Ashanti. Die Bokomosa trust is die enigste bestaande Esop huidiglik by ‘n goudprodusent. Dit betaal ook vandag dan die eerste skans aandele uit. Lees die Bokamoso-english en Bokamoso-afrikaanse detail hier oor die eerste uitbetaling.
DieToro trust het gister sy eerste jaarvergadering gehou. Albei is bemagting hoogtepunte vir werkers. Luister verder op Solidariteitradio na die onderwerp. Toro beteken nie verniet onthou jou droom en Bokomosa oes vir die toekoms nie.
Oranje is so deel van Solidariteit, dat jy al oranje (en groen) visualiseer as jy ‘Solidariteit’ hoor.
Hier is ‘n lekker interne geveg in Solidariteit die week. Solidariteit is oranje, of is Solidariteit eintlik blou?
Die eerste Personeel Blitz wat gister uit gaan sê:
- Aandag alle personeel
Personeel moet Vrydag korporatiewe klere aantrek. Omdat alles blou is, is individue wat van die Solidariteit-oranje hou en meelewing wil toon, welkom om ʼn oranje hempie aan te trek.
Namens: Adjunk Uitvoerende Hoofde
Twee van ons adjunk uitvoerende hoofde is Cheetahs, trots oranje! Ons wonder wie het die grappie met Henk en Dirk gemaak?
Hier is natuurlik ook ‘n handjievol ander ondersteuners, so paar Sharks, nog so paar Cheetahs, ‘n WP-ondersteuner, maar dis dit.
Vir wie skree die res? Is hulle dan Solidariteit (oranje) of nie?
Vandag gaan die volgende blitz uit:
Soos almal bewus is speel die Bloubulle en die Cheetahs Saterdag teen mekaar in die Curriebeker eindstryd. Solidariteit is bekend daarvoor om standpunt in te neem en nie draadsitters te wees nie.
Ons het dus besluit wie Solidariteit gaan ondersteun. Ons stel voor dat ons die besluit objektief krediteer, naamlik die amptelike kleure van Solidariteit. Ons stel voor dat almal more oranje aantrek.
Dirk Hermann
Is Solidariteit oranje of is Solidariteit blou? Dit sal dus maar deur Saterdag se wedstryd bepaal moet word. Wie gaan Maandag siek of skaam wees – oranje of blou?
Ek het die storie in Beeld gelees. (Lees hier)
Wat staan ons te doen met so ʼn polisiemag? Die polisie het oënskynlik reeds die voorgestelde wetgewing van “skiet om dood te skiet” begin implementeer. Kan ons dit dan nog waag om eerder na die naaste polisiestasie te ry wanneer die polisie hulle ligte agter jou begin flikker? Lyk my ons sal moet kies. Ry en daar word op jou geskiet, of, stop en loop die risiko om verkrag te word.
Dirk Hermann het vandag, in sy program, Dirk op Donderdag, op Solidariteit Radio, juis met Willie Spies oor hierdie saak gesels. Luister by www.solidariteitradio.co.za.
Die Legatum Prosperity Index, wat meer as 100 lande meet volgens die welvaart wat hulle vir hul burgers skep, is onlangs bekendgestel.
Finland is bo-aan die lys, gevolg deur Switserland, Swede, Denemarke, Noorweë, Australië, Kanada, Nederland en Nieu-Seeland. Dit is interessant om te sien dat vier van die eerste vyf lande op die lys Skandinawiese lande is. Hierdie lande het almal baie klein bevolkings en sommige van hulle het groot olie-reserwes. Van die lande met groter bevolkings is dit interessant om te sien hoe goed Australië gevaar het, ten spyte daarvan dat dit geografies ʼn baie groot land is wat ook gereeld deur natuurrampe soos droogtes geraak word.
Suid-Afrika is 51ste op die lys – een plek laer as Mongolië en een plek beter as Koeweit. Suid-Afrika se swak punte, volgens die opname, was ons land se gesondheidsorg en veiligheid.
Ander internasionale nuus van die week: Lees verder ‘Watter lande skep die meeste welvaart?’
Die jongste vrystelling van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se saamgestelde ekonomiese aanwysers skets ʼn redelik rooskleurige vooruitsig. Die leidende aanwyser het ʼn definitiewe onderste draaipunt gehad in die omgewing van Maart vanjaar. Die daaropvolgende styging was eers tentatief, maar het in die drie maande tot en met Augustus baie momentum opgetel. Die samelopende aanwyser van die SARB het in die jongste beskikbare maand (Julie) ook vir die eerste keer in presies 12 maande ʼn klein styging getoon.
Die SARB se leidende aanwyser is ʼn indeks wat saamgestel word uit verskeie datareekse van ekonomiese veranderlikes wat gewoonlik vroeër as die werklike ekonomie styg of daal. Die samelopende aanwyser is weer ʼn indeks wat saamgestel word uit ekonomiese veranderlikes wat gewoonlik saam met die werklike ekonomiese siklus styg of daal. Daar is ook ʼn sloerende aanwyser, maar dit is uiteraard nie van belang indien ʼn mens wil bepaal hoe ekonomiese vooruitsigte lyk nie.
Die leidende aanwyser toon histories ʼn boonste draaipunt sowat sewe maande voordat die samelopende aanwyser (en dus ook die werklike ekonomie) ʼn afswaai beleef. Die verspreiding rondom hierdie gemiddelde is egter redelik breed – van so min as twee maande tot soveel as 15 maande. Die leidende aanwyser het egter die afgelope resessie met presies die gemiddelde sewe maande vooruitgeloop.
Lees verder ‘SARB se aanwysers gee hoop’











