Gepubliseer .
Ons Suid-Afrikaners is tog al so gewoond aan die misdaadstatistiek, wat van die ergste in die wêreld is, dat die jaarlikse syfers, wat gister uitgekom het, ons nie eers meer skok nie. Dit bevestig tog net ons vermoedens.
Gister, tydens die bekendmaking van die polisie se misdaadstatistieke vir die jaar, sedert April 2008, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, gesê huisrooftogte het met 27,3% gestyg tot ‘n skokkende 18 438. Hy het erken dat die polisie meer moet doen om die soort misdaad te pak. My vraag is, wat gaan julle doen? Dit is nou al lankal duidelik dat julle te min is om nog meer te doen.
Buurtwagte en sektor polisiëring werk duidelik, ek wil ‘n beroep op jou doen om ook daarby betrokke te raak om jouself en jou eie gemeenskap te beveilig.
Gepubliseer .
Ek moet erken, ek het nie die laaste week veel nuus gekyk of koerant gelees nie. Daarom dat ek eers vandag Jaco se blog en die berig in Rapport oor Claassen lees.
En hoe verder ek lees, hoe meer geskok is ek! Ek sal opstaan en veg, en nie toelaat dat ‘n proffie soos hy my God en my geloof so beswadder en aanval nie.
Gaan lees die berig wat Sondag in Rapport verskyn het: Klik hier
Ek stem heelhartig met Jaco saam. George Claassen en sy organisasietjie moet in sy pasoppens wees, ons is nie die enigeste Christene wat hom gaan treiter nie, ons sal nie sy aanslag teen ons kosbare geloof duld nie!
Dis tyd dat jy ook op staan vir jou God, soos Jaco in sy blog sê, laat hom duidelik hiervan hoor, stuur ‘n e-pos aan die professor by gclaassen@dieburger.com
Gepubliseer .
Die name van die slagoffers van die honderde plaasaanvalle spook nou nog by my en vandag werk ek ook deur die e-posse wat luisteraars na Solidariteit Radio. Een van die e-posse wat my veral opgeval het is van twee skrywers wat ook verskeie mense ken wat deur plaasaanvalle geraak is. Hulle het nou ‘n digbundel saamgestel oor plaasaanvalle.
Hier is een van die hartseer gedigte…
Lees verder ‘Plaasaanvalle spook nog’
Gepubliseer .
Solidariteit Radio beoog om binnekort ‘n daaglikse, kort, pitkos-program van vyf minute te loods. Alle predikante wat belangstel om aan hierdie projek deel te neem kan my e-pos by moira@solidariteit.co.za
Ds. Johan Joubert van die NG-kerk Hartebeespoortdam het reeds vyf insetsels hiervoor by die Solidariteit Radio-ateljee laat opneem. Kom ons begin almal ons dag by die werk op die regte manier!
Gepubliseer .
Die nuwe Solidariteit Tydskrif is by die kantore. Dit spog met ‘n Sol-Tech voorblad. Sien ook ander foto’s van Sol-Tech se werkwinkels wat geneem is hier. Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech het ook verlede Vrydag op Solidariteitradio
terugvoer gegee oor die sukses van die Sol-Tech opedag.

Gepubliseer .
Vandag het ek ‘n bekenstellings foto van Dr Dirk Hermann geneem as ‘n nuwe lid van die Noord Wes Universiteit van Potchefstroom se raad. Dirk is beslis ‘n groot aanwins om op die raad van die Puk te dien. 