Ek kon dit nie glo toe ek die koerant vanoggend onder oë kry nie. So wrintiewaar! Plase wat so links en regs uitgedeel word is niks nuuts nie. Wat so ruk gelede wel opslae gemaak het, is toe die regering sê dat hulle wel plase wat nie reg benut word nie, of waarvan die boerdery uiteindelik misluk sal terugneem. Wat ʼn slim plan, het ek in die stilligheid gedink. Nie dat dit die groot probleem sou oplos nie, maar ten minste weet die nuwe boere dat hulle nie net sou kon kry en niks daarmee doen nie. Maar helaas vandag is die laaste bietjie hoop in die gebied ook uit my geneem, want die “insig” wat ek gehoop het die regering sou hê hieroor bestaan lyk my nie juis nie. Want “mevrou Boer van die Jaar 2008” wie se plaas van haar afgeneem is omdat sy ʼn “sjebeen” daar bedryf het en die eens spogplaas tot in die afgrond in weg geboer het, kry WEER ʼn plaas. Om te wat, kan ek net wonder! Was die mislukking van een plaas nie genoeg nie? (Lees die volle artikel op Beeld se webwerf by http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/df1ca276cb4d4bf8a9034b5fcb79a0d4/02-09-2009%2001-09/Boer_verloor_haar_spogplaas )
Maandelikse Argief vir September, 2009Bladsy 11 van 11
Deesdae het almal van ons familie en/of vriende in die buiteland. Almal praat ook oor emigrasie. Het jy al ooit gewonder in watter wêrelddeel jy die beste tuishoort? Hier is ‘n oulike ‘quiz’ wat jou leiding kan gee: http://www.youthink.com/quiz.cfm?action=go_detail&sub_action=take&obj_id=1435
Terloops. Ek hoort glo in Australië. Ten spyte daarvan dat ek geen belangstelling in sport getoon het nie!
Vrydag is Loslitdag. Vir baie is die dag nie veel meer as ‘n plakker nie. Vir my is dit ‘n dag waarop ek waarlik dankbaar kan wees vir die lyf wat ek het. Dit is nie ‘n volmaakte lyf nie, maar hy kan loop, sien, ruik, voel, hoor en proe. My lyf se vingers kan maklik tik, fyn knipwerk doen en maklik ’n pen vashou om te skryf. My lyf kan sit sonder om, om te tuimel en my nek hou my kop mooi regop. Ek kan tot my oë toemaak wanneer ek bid. Ek kan verstaanbaar praat sonder dat my mond begin kwyl.
In ons gesin is ‘n gebrek aan hierdie dinge doodnormaal. Ons het twee serebraal gestremdes in die huis. Pragtige mensies wat in lyfies vasgevang is wat nie wil saamwerk nie. Wat nie wil luister na hul breine se boodskappe nie. Gestremdes het baie ekstra behoeftes. ‘n Rolstoel van die regte grootte, dikwels met ekstra ondersteuning om die ruggie en nek regop te hou. Spesiale eetgerei, tafels en stoele. ‘n Aangepaste, rolstoel-vriendelike huis. Dinge wat geld kos. Hoekom sal ek dan nie my R10 met ‘n glimlag betaal nie?
Kyk die jaar anders na jou Loslitdag-kaartjie en sê dankie vir jou lyf – ontbrekings en al.
Ja die wêreld se oudste hond is dood. Die 21-jarige (147 in hondejare) Chanel van Long Island in New York is Vrydag van natuurlike oorsake dood.
Los Angeles brand alweer: ‘n Enorme veldbrand in Los Angeles bedreig tans meer as 12000 huise met meer as 50 wat reeds afgebrand het.
En in opvolg op ‘n vorige plasing van my: Die nuutste Rasmussen-peiling in die VSA wys dat President Obama nou net 45% van die land se inwoners gelukkig hou. Dit is ‘n skerp afname van sy byna70% gewildheid in Januarie.


Verandering is die enigste konstante. Daar vind altyd verandering plaas. Willem de Lange is een van Suid-Afrika se voorste sosiale dokumentêre fotograwe. Dokumentêre fotografie het die die oorreding om verandering te demonstreer. Dit het ‘n meer menslike inslag en raak die emosies van die kyker. De Lange het ‘n uitstalling gemaak van die MIV probleem in Suid-Afrika.
Besoek hier sy werk.
