Die jaarlikse AMT Agri Konferensie vind plaas. Die tema is die uitdaging van verandering. En het verandering nie plaasgevind nie. Die land se kommersiële boere het in die laaste 15 jaar afgeneem van 60 000 na 37 000.
Maandelikse Argief vir September, 2009
Hulle was blykbaar soos vinkel en koljander, soos twee broers, moes ek gisteraand om die braaivleisvuur hoor. ‘n Nuwe vriend vertel gisteraand hoe hy moes toekyk hoe sy beste vriend sowat agt jaar gelede voor sy eie oë in ‘n plaasaanval geskiet is en oomblikke daarna in sy arms gesterf het. “My vriend het die vroeg die dag die heeltyd gesê dat iets fout is,” het hy vertel. “En toe ons by die huis kom het hy om die huis gestap en sekergemaak dat alles reg is, binne die huis het hy deur elke kamer geloop, behalwe een kamer – sy suster s’n.” Lees verder ‘Vinkel en koljander’
Pietersen, Claassen en ander twyfelaars kort selfvertroue
deur Jaco Kleynhans
Hans Pietersen se brief oor die kritikus en die denker (Beeld, 29 September) herinner my aan politici wat mense altyd in kampe wil jaag.
In ’n stadium was jy ’n Nat of ’n Sap. In ’n ander stadium was jy ’n ja-stemmer of ’n nee-stemmer. Só kan ek aangaan, maar die punt is jy is altyd die een of die ander.
Pietersen wil weet of jy nou die kritikus of die denker met jou kind se opvoeding kan vertrou. Sy definisies van ’n kritikus en ’n denker is darem erge vereenvoudigings, net om sy argument te pas. Lees verder ‘My brief in vandag se Beeld’
AfriForum, Solidariteit se burgerregte-inisiatief het ‘n uistekende nuwe veldtog begin om protes aan te teken teen die feit dat Nestle melk koop by Robert Mugabe se vrou Grace. Mugabe se vrou het wit boere in Zimbabwe se plase onteien en vir haarself gevat en nou koop Nestle die melk! Besoek gerus www.nestlebloodmilk.com en skryf ‘n brief aan Nestle!
Die gemiddelde oorverhaling op petrol sedert die vorige prysverandering staan op die oomblik op 45,7c per liter, terwyl die daaglikse oorverhaling gister 84,6c per liter was. ‘n Oorverhaling tydens maand 1 lei tot ‘n verlaging in die prys vir die volgende maand. Die huidige situasie is feitlik gelykop verdeel tussen die effek van die sterker rand en die laer internasionale olieprys. Die OPUL-olieprys was in Augustus gemiddeld sowat $71,40 per vat, en in September sowat 6% laer op $67,00. Die rand/dollar wisselkoers was gemiddeld sowat R7,94 per dollar gedurende Augustus en sowat 5% sterker op R7,54 in September.
Die berekeninge wat die finale oorverhaling gaan bepaal, moet nog loop tot die einde van die week, maar die kans is goed dat die daling in die petrolprys meer as R0,50 per liter gaan wees en vir diesel so ietwat minder by R0,40 se kant.
Die olieprys se huidige risiko is eerder na die bokant as die onderkant, wat ‘n verdere daling in November se brandstofpryse kan kelder, maar terselfdertyd is die rand se kanse om te versterk groter as die kans dat dit kan verswak, wat wel weer ‘n slag goeie nuus vir motoriste kan bring.
Hier is die mense agter die anti-Christelike organisasie, Skepties Suid-Afrika:

George Claassen. Voormalige adjunkredakteur van Die Burger en dosent in joernalistiek by die Universiteit van Stellenbosch. E-posadres: skepticsa@gmail.com

Hans Pietersen.Van Infantrust Parenting Solutions in Stellenbosch. E-posadres: hans@infantrust.com

Dirk Koekemoer. Stigter en uitvoerende hoof van die mediese dienste maatskappy, GEO AXON. E-posadres: dirk@geoaxon.com

Rothea Kleynhans. E-posadres: r.kleynhans@telkomsa.net

Attie Koekemoer. Van Linden in Johannesburg. E-posadres: attie.koekies@gmail.com








