Bladsy 4 van 4« Eerste...234

Maandelikse Argief vir Augustus, 2009Bladsy 4 van 4

Maklike verduideliking oor hoekom sosialisme nooit sal werk nie

An economics professor at a local college made a statement that he had never failed a single student before but had once failed an entire class.

That class had insisted that socialism worked and that no one would be poor and no one would be rich, a great equalizer.

The professor then said, “OK, we will have an experiment in this class on socialism. All grades would be averaged and everyone would receive the same grade so no one would fail and no one would receive an A.

After the first test, the grades were averaged and everyone got a B.

Lees verder ‘Maklike verduideliking oor hoekom sosialisme nooit sal werk nie’

Wat het van al die politieke partye geword?

Suid-Afrikaners moet politieke partye begin oordeel volgens hul optrede direk na ‘n verkiesing, eerder as direk voor ‘n verkiesing. Hoekom sê ek so? Tydens die ses tot 12 maande wat vanjaar se nasionale verkiesing voorafgegaan het het ons vreeslik baie van Suid-Afrika se politieke partye gehoor. Ek het pamflette, koerante en ander literatuur in my posbus ontvang oor wat die politieke partye alles doen, wat hulle wil doen en wat hulle kan doen. Die politieke partye was daagliks (eintlik elke uur en selfs minuut) in ons koerante en op televisie en radio. Ek het tot sms’e van politieke partye ontvang (‘n totaal van vier net op verkiesingsdag!).

Lees verder ‘Wat het van al die politieke partye geword?’

Al weer politikus as polisiehoof

Na ‘n onderhoud met Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid vir AfriForum, op www.solidariteitradio.co.za besef ek net weer, Suid-Afrika = misdaad!

Ja, moenie op jou land se polisiediens staat maak om jou te beveilig teen misdadigers nie, hulle is deel van die probleem. Ons nuwe polisiehoof, Bheki Cele, dink mos daar is verskillende reëls vir gewone burgers en amptenare. Hy is mos deur ‘n motoris betrap dat sy blouligkonvooi teen 160 km/h jaag, en toe kryt hy die motoris uit dat die ‘n rassis is. Soos ek verstaan gooi hy nogal maklik sulke beskuldigings rond wat net so maklik die verkeerde mense kan opsweep. Nou is hy ons nuwe polisiehoof, wat ‘n nasie en ‘n polisiediens met klomp verskillende kulture daarbinne moet lei.

Lees verder ‘Al weer politikus as polisiehoof’

ʼn Boom-verleentheid kan ʼn geleentheid word

ʼn Boom-verleentheid kan ʼn geleentheid word

Die onderstaande storie het die eerste keer op Beeld se voorblad verskyn. In die Drakensberg is 150 geelhoutbome afgekap omdat die Werk vir Water-kontrakteurs gedink het dit is wattel. Nou word dit verder die wêreld ingedra deur Sapa en ander nuusdienste. Die week gaan almal daaroor praat en ek verwag ook ʼn spotprent of twee.

Lees verder ‘ʼn Boom-verleentheid kan ʼn geleentheid word’

Kerke in Suid-Afrika abnormaal

Waarom sou ek nou so iets kwytraak?

‘n Verteenwoodiger van Geopende Deure was die afgelope naweek by ons gemeente in Benoni. Geopende Deure is ’n organisasie wat Bybelverspreiding, evangelisasie en opleiding, in lande waar Christenskap onwettig is, doen. www.opendoors.org.za

Iets wat hy gesê het, het my diep getref. Ons kerke in Suid-Afrika is abnormaal. Abnormaal? Ja! Het jy geweet dat daar elke jaar bykans 100 miljoen Christene vervolg word omdat hulle in Jesus Christus glo? 100 Miljoen mense wat die Here in die geheim moet dien, saggies, ondergronds, tot Sy eer moet fluister in plaas van sing?

Lees verder ‘Kerke in Suid-Afrika abnormaal’

Bladsy 4 van 4« Eerste...234



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube