Bladsy 1 van 212

Maandelikse Argief vir Julie, 2009

Werkloses, hul “regte” en skokkende werkloosheidsvlakke

Welkom in SA 2009! Elke dag word ek net verder verbaas deur die kreatiwiteit in ons land.

Werkloosheid is sekerlik een van ons grootste probleme. Dit het ons weer gesien in die werkloosheidsyfers wat StatsSA hierdie week bekendgemaak het. In net een jaar het ons werkloosheid met 2,3% gestyg! Nog derduisende mense is in die poel van werkloosheid gevoeg. Dit is hartseer, want hoewel daar slim planne is vir werkskepping, gaan dit taai. In 2009 gaan dit ook veral taai.

En intussen het werkloses ook nou baie meer “regte” as wat ek oorspronklik gedink het. Daar is nou ook ’n organisasie wat veg vir hulle regte en volhou dat daar staatstoelaes aan ALLE werkloses betaal moet word. Wat vir ’n plan is dit? Hoe maak dit sin om net nog verdere AFHANKLIKHEID by ons mense te kweek? Geld gaan nie hierdie probleem oplos nie – of hoe? Solidariteit glo (en ek glo dit ook) dat opleiding die eerste stap is om die probleem op te los – of hoe?

Sal die laaste een die ligte aansit

Die ANC het vroeër vandeesweek die volgende mediaverklaring op Sapa gesit:

ANC HARD AT WORK DESPITE POWER FAILURE AND STRIKE THREAT

Issued by: ANC
Attention: News Editors
For immediate release:
27 July 2009

ANC HARD AT WORK DESPITE POWER FAILURE AND STRIKE THREAT

Undaunted by power failure which today (27 July 2009) plunged
most floors of Chief Albert Luthuli House – African National
Congress headquarters into darkness, and a threat of Johannesburg
being brought to a standstill by striking municipal workers, the
work of the ANC has not come to a stop.

Lees verder ‘Sal die laaste een die ligte aansit’

Munisipale staking verskriklik

Ek lees in die Beeld vanoggend die staking sal waarskynlik eers teen die einde van die week afgelas word. My opinie is, dalk hou dit tot volgende week Vrydag aan. Die grootste probleem wat ek egter met sulke tipe stakings het, is die totale wanorde wat heers. Mense wat klippe gooi, produkte steel, treintrokke en geboue aan die brand steek, dit is onaanvaarbaar. Gewone mense, wat ook dalk min verdien, word geïntimideer, hulle karre met klippe bestook. Jy staak oor ‘n rede, vir ‘n voldoende salaris en goeie voordele. Jy staak nie om ander mense te benadeel en om partytjie te hou en plekke af te brand nie,  hou jouself in toom en doen dit dan ordelik.

Tel die pitte

transkripsie‘n Ruk gelede vrae Dirk my om foto’s voor te stel vir ʼn publikasie: Regstellende aksie ongrondwetlik? Dit is ‘n transkripsie van ʼn opspraakwekkende radioprogram wat op Solidariteit Radio uitgesaai is: (Dirk op Donderdag van 21 Mei) klik hier om te luister. Die boekie is ʼn transkripsie en as jy nie jou ore glo nie kan jy dit hier lees, klik hier om af te laai.

Lees verder ‘Tel die pitte’

Die Spies word geslyp

Groot is my opgewondenheid toe ek vandag sien die Solidariteit-blog is aan die gang en ons kan begin blog. Onderwerpe flits deur my kop. Ek dink aan ‘n mediaverklaring van AfriForum en aan ‘n artikel in vandag se Beeld waar genoem word dat Willie Spies nou sy gewig by AfriForum gaan ingooi. (Ek moet onthou om na sy onderhoud op Solidariteit Radio te luister vandag)

Lees verder ‘Die Spies word geslyp’

Radio Klub, Radio Klub, Radio Klub!

Wie sou nou kon dink dat ʼn klub só vinnig kon groei? Solidariteit Radio se radio-klub is skaars ʼn week oud en daar is reeds meer  as 300 intekenare! Die meeste natuurlik nog in Suid-Afrika, maar daar is ook al twee uit Malawi en een uit Kanada van alle plekke! Die doelwit vir volgende Vrydag? Wie weet.  Dalk 600?

Lees verder ‘Radio Klub, Radio Klub, Radio Klub!’

Bladsy 1 van 212



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube