20 kinders verder

Die week se gesprekke het gegaan oor 20 jaar na 2 Februarie. Heel simbolies het  president Zuma dit gevier met onthullings van sy twintigste kind. Die Afrikaanse en staats media het die gebeurtenis onderspeel maar die ander koerante het die storie hanteer. Spanning is aan die opbou in die alliansie. JZ broke sex pact lees die berig.

Die Amerikaners het vir Tiger Woods wat opgeneem word in ʼn kliniek, die Afrikaners het vir Steve Hoffmeyer wat onderhoud betaal en Suid-Afrika het vir Jacob Zuma wat sy kultuur beoefen. Is dit reg dat die land se president bekend staan as ʼn springhaas?   

Jou reputasie en handelsmerk is een van jou belangrikste bates. Zuma is vrygespreek in ʼn verkragtingsaak. Die reg het sy gang gegaan. Nou is daar baba nommer twintig wie se Pa Jacob Zuma die president van Suid-Afrika is.

Soos reeds genoem die Afrikaanse media steur hul nie veel aan die storie nie. Dalk omdat hul nie verder ʼn kloof tussen wit en swart in Suid-Afrika wil bring nie. Die debat onder die res van Suid-Afrika is egter groot. Veral omdat daar ook ‘n stryd teen MIV/Vigs is. Eers het ons Thabo Mbeki gehad wat die maniere hou dit behandel moet word ontken het en nou is daar die teenpool Jacob Zuma wat een van die belangrikste pilare misken. Dit is een verhouding met een lewensmaat in die huwelik.

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube