Gister is meer as 136 000 misdaad briewe aan president Zuma oorhandig. Kyk Stube video. Toe die veldtog gister gestop het het die briewe trouens op 141 222 gestaan. Die eerste keer is 23 000 briewe vir die president geneem en drie weke daarna het hy meer as 100 000 briewe ekstra gekry. Dankie aan almal wat deelgeneem het aan die krag van die kollektief. Groot steun is van Faceboek groepe en vriende daarop ontvang. Sterkte vir jul onderskeie pogings. Misdaad het ongelukkig nie gister opgehou nie. Daar is net weer kennis gedra van die probleem en die intensiteit daarvan in Suid-Afrika.
Vir my was daar baie spesiale en emosionele oomblikke die afgelope maand. Oor mobilisasie is lesse geleer wat gedeel gaan word.
Solidariteit het in ‘n mediaverklaring die pad vorentoe verduidelik.
Lees Solidariteit se verbintenis tot ‘n reuse gemeenskapsveiligheidprogram op Jacaranda FM.
RSG se Spektrum het berig. Luister Radio Pretoria.
Lees Beeld artikel. Sapa het daaroor berig.
Kyk SABC nuus. SABC 3 nuus. eNews Early Edition

































Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.