‘n Dag in Pretoria Dieretuin

 

Die de Jager’s van die plaas het die afgelope naweek in die stad kom kuier. Ons het Sondagoggend besluit om te gaan kyk hoe dit by die Pretoria Dieretuin lyk.

Die algemene indruk is nie sleg nie, die tuine is mooi en die ervaring was lekker. Dis net jammer dat daar nogal baie hokke en kampe leeg staan, sonder dier in sig. Verder was ek baie teleurgesteld oor al die vullis as mens oor die brug loop by die Apiesrivier.

Dit was steeds ‘n lekker ervaring, die piekniek en stap deur die diere. Maar my hart was tog bietjie seer oor die toestand van sommige kampe, vullis, min diere en dele van die paadjies wat ook soos die res van ons land se paai ‘potholes’ in het.

Ek deel graag my foto’s met julle.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • cor

    Ek dink wat Paul probeer sê is dat die bedreiging wat diere op baie plekke in die wêreld in die gesig staar, juis die geval is omdat hulle tussen mense leef wat oor karige indien enige kennis beskik.

    Dis natuurlik nie net die gebrek aan kennis by sekere mense wat die voortbestaan van sekere spesies onder diere bedreig nie. Daar is baie ander faktore wat ook melding verdien, maar waaroor ek my nie wil uitlaat nie.

  • Upton

    Wat dan is die doel van diere in hokke?

  • http://www.solidariteit-blog.co.za/author/paul/ Paul Joubert

    Die vraag is, Upton: Hoeveel onse is in jou pond?

    Net omdat ‘n bioloog wat in ‘n dieretuin of by ‘n universiteit werk, meer weet van diere, beteken dit nie dat die mense wat in dieselfde natuurlike omgewing as die diere bly, ook die groter kennis het nie.

  • Upton

    Ek was seker 35 jaar laas by ń dieretuin, saam met ń skoolgroep.

    Diere in hokke maak my hartseer, ongelukkig, ek verstaan dit nie. Die wat weet sê dit is ten doel van navorsing, om die diere beter te verstaan, om hulle voortbestaan te verseker en om mense in te lig en bewus te maak.

    Logieka bepaal hoe meer ons weet, hoe meer sal ons verstaan, met al ons kennis en al ons inligting is hierdie diere se voorbestaan vandag meer bedreigd as ooit tevore. Dit is nie logies nie.

  • cor

    Ek was etlike jare laas in Pretoriase dieretuin en weet nie hoe it tans vergelyk met die tydperk wat Willie Labuschagne die kurator was nie. Sover ek weet het Willie ‘n paar jaar gelede ‘n pos in Dubai of elders in daardie geweste aanvaar.

    Willie was bekend vir die uitstekende werk wat hy verrig het en vir die onbaatsugtige diens wat hy gelewer het. Ek sal graag van ander persone wil hoor wat hulle onlangse ervaring van die dieretuin is en hoe dit vergelyk met die verlede.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube