Bladsy 1 van 30212310...Laaste »

Wat wou Leeuloop, hallo Vuurloop!

Daar kom `n tyd in elkeen se lewe wanneer jy te staan kom voor iets wat groter is as jouself. Hetsy op professionele vlak wanneer jy opdaag vir jou eerste dag by `n nuwe werk en besef dat jou werkgewer die Pa is van die meisie wat jy op die Matriekdans ge”drop” het vir Wilde Wilma van die Kloosterskool. Of wanneer jy jou aanstaande skoonouers vir die eerste keer ontmoet en jy deel witvoetjie komplimente uit oor skoonma se heerlike croutons, net om in `n ysige stem meegedeel te word dat dit haar eersteprys kerkbasaar souskluitjies is! As ek terugdink, het ek `n paar sulke oomblikke beleef.

Soos die keer toe ek op my deurgeskaafde-skoenriem-begroting toer na Egipte besef het dat die nuttige “handstort” langs die toilet nie daar was om op te maak vir die stadig-druppende stortkop nie! Dit het weer gebeur, verlede Donderdag aand toe ek gloeiende kole van 600 grade met dapper en stapper aangedurf het.

Lees verder ‘Wat wou Leeuloop, hallo Vuurloop!’

Onseker kiesers klap hard

In die onlangse verkiesings in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale ly die Christen-Demokratiese Unie (CDU) van Bondskanselier Angela Merkel swaar verliese.
In Frankryk kies die Franse ’n nuwe sosialistiese president, Francois Hollande, omdat hy tydens die verkiesingsveldtog beloof het dat hy minder streng sal besnoei as sy voorganger, Nicholas Sarkozy.

Lees verder ‘Onseker kiesers klap hard’

Verwelkom ook die goeie nuus

Ek was hierdie week aangenaam verras om uit te vind dat daar ʼn webtuiste getiteld “South African Good News” bestaan. Soos mens reeds uit die naam kan aflei, bevat hierdie webtuiste slegs goeie nuus oor Suid-Afrika.

Lees verder ‘Verwelkom ook die goeie nuus’

Hoeveel spaargeld is te min?

Hierdie artikel se doel is net om ’n klip in die bos te gooi oor sekere stellings wat dikwels oor Suid-Afrikaners se lae spaargeneigdheid gemaak word.

Dat Suid-Afrikaners nie juis tot spaar geneig is nie, word nie betwis nie. Die hele ekonomie se spaarkoers bly jaarliks maar in die omgewing van 16% van die bruto binnelandse produk. Hoewel hierdie vergelyking nie sonder probleme is nie, behoort dié syfer tog veel hoër – nader aan 25% – te wees. Dit is waar dit in die 1970’s was. Hierdie spaarkoers daal egter al sedert die vroeë 1980’s. Suid-Afrikaanse huishoudings (ondernemings uitgesluit) as geheel is al sedert 2006 besig om te ‘ontspaar’ – hul spaargeld word jaarliks minder in plaas van meer.

Daar is verskeie redes waarom mense geneig kan wees om nie te spaar nie. Lees verder ‘Hoeveel spaargeld is te min?’

Rusteloos

Ek hou niks daarvan om rusteloos te voel nie. Tussen die boom en die bas – of nog beter gestel: Tussen die duiwel en die diep blou see.

Sondag was só ʼn dag vir my.

Soekend, dwalend, ongedurig.
Lees verder ‘Rusteloos’

‘n Uitnodiging aan Piet Croucamp: Leer Afrikaners ken

In gister se Rapport stel Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, en dr. Piet Croucamp, politieke wetenskaplike van die Universiteit van Johannesburg, beide hul kante in ‘n koerantkolom oor die ANC-konferensie waartydens die “vervreemding van die Afrikaanse gemeenskap” bespreek is. Die twee here het vroeër in laas week ook swaarde gekruis tydens ‘n radioprogram en beide het in daardie program sowel as gister gebiedende punte gemaak. Wat my egter onthuts het is Croucamp se tirade teenoor Afrikaners en die uitleef van hul identiteit. Ek moet by voorbaat sê dat ek groot respek vir Piet het, by hom vir twee jaar klas gekry het en hom as ‘n waardevolle stem in Suid-Afrika se politieke kommentaar ag. Sy sieninge is meetsal konsekwent en regverdig, maar sy kommentaar in gister se artikel is vol teenstrydighede terwyl Afrikaners huidjie en muidjie en baie ondiplomaties oor die kole gehaal word. Ek het nog nooit eers in City Press of dergelike swart koerante sulke skerp kritiek op Afrikaners soos Croucamp s’n gelees nie. Ek kan dit daarom nie onbeantwoord laat nie.
Lees verder ‘‘n Uitnodiging aan Piet Croucamp: Leer Afrikaners ken’

Bladsy 1 van 30212310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube